Pierce Brendan Brosnan is op16 Mei1953 inDrogheda,Ierland gebore, maar word inNavan groot. Sy pa was die meubelmaker, Thomas Brosnan, en sy ma May Smith. Ná sy ouers se egskeiding word Brosnan deur sy grootouers en ander familielede opgevoed. In 1964 verhuis hy naLonden. Hy verlaat skool op 16 en begin in 1973 teaterwetenskappe studeer.
Ná sy toneelwerk word Brosnan bekend vir sy rol in NBC se TV-speurreeks,Remington Steele (1982–87). Daarna verskyn hy in rolprente soos dieKoue Oorlog-spioenfilmThe Fourth Protocol (1987) en die komedieMev. Doubtfire (1993).
In 1994 word hy die vyfde akteur om die rol vanJames Bond te speel. Tussen 1995 en 2002 het hy die hoofrol in vier van Eon-produksies se Bond-prente vertolk. Sy stem en voorkoms is ook in die videospel,James Bond 007: Everything or Nothing (2004) gebruik.
In 1996 stig hy en Beau St. Clair dieIrish Dreamtime-produksiemaatskappy. Saam produseer hulle onder andereThe Thomas Crown Affair (1999) met Brosnan in die hoofrol.
In 2001 speel hy weer 'n geheime agent in die fliekThe Tailor of Panama, en 2004 is hy 'n meesterdief in die fliekAfter the Sunset.
Brosnan was van 1980 tot haar dood in 1991 met die Australiese Bond-aktrise Cassandra Harris getroud. In 2001 trou hy met die Amerikaanse joernalis en outeur Keely Shaye Smith, en word hy in 2004 'n Amerikaanse burger.