Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Pienza

Koördinate:43°04′43″N11°40′44″O / 43.07861°N 11.67889°O /43.07861; 11.67889
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Città di Pienza

 LandVlag van Italië Italië
 GewesToskane
 ProvinsieSiena (SI)
 Koördinate43°04′43″N11°40′44″O / 43.07861°N 11.67889°O /43.07861; 11.67889
 StigtingOmstreeks 9de eeu
 Oppervlakte: 
 - Totaal122,96vk km
 Hoogte bo seevlak491 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Maart 2018)2 076
 - Bevolkingsdigtheid16,9/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 BurgemeesterFabrizio Fè
 Amptelike Webwerfcomune.pienza.siena.it

Pienza is 'n klein nedersetting en munisipaliteit in dieItaliaanse provinsie Siena, geleë in dieToskaanse Val d'Orcia tussen Montepulciano en Montalcino, met 'n bevolking van 2 076 (soos op 31 Maart 2018). Pienza (oorspronklik Corsignano genoem) is die geboortedorp vanpous Pius II (met burgerlike naam Enea Silvio Piccolomini). Kort ná die begin van sy pontifikaat in 1458 het Pius II die opdrag gegee om Corsignano volgens die utopies-humanistiese gedagtes vanRenaissance-stadsbeplanning tot 'n ideale stad uit te bou.

Pecorino di Pienza

Die planne vir die nuwe stad is ontwerp deur Bernardo Rossellino (ook bekend as Bernardo di Matteo, 1409–1462), een van die skoliere van die befaamde argitek Leon Battista Alberti. Na sowat vier jaar van boubedrywighede is die nuwe stad na pous Pius II vernoem. Met die rasionale verdeling van sy geboue, die geometriese perspektiewe van sy pleine en paleise (palazzi) en die noukeurig beplande sentrale plein Piazza Pio II is Pienza vandag steeds 'n uitstekende en goed bewaarde voorbeeld van ideale Renaissance-stadsbeplanning. Die stad het sedert 1996 die status vanUnesco-wêrelderfenis.[1] Hierdie status is in 2004 uitgebrei om die hele Val d'Orcia in te sluit wat as 'n goed bestuurde Renaissance-landboustreek geklassifiseer word.[2]

Pienza staan naas sy boukuns internasionaal bekend as die hoofstad van skaapkaasmakery. Die vernaamste skaapkaassoort isPecorino toscano, 'n halfhardePecorino-kaas wat sy geurige smaak aan die plaaslike gras en kruie te danke het. Die oorspronge van Pecorinokaas strek terug tot in die antieke tyd - kaas was 'n stapelvoedsel virEtruskers enRomeine.[3]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. UNESCO World Heritage List: Historic Centre of the City of Pienza. Besoek op 22 Augustus 2018
  2. UNESCO World Heritage List: Val d'Orcia. Besoek op 22 Augustus 2018
  3. Podere il Casale: Pecorino di Pienza - The Secret of Sheep cheese. Besoek op 22 Augustus 2018
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Pienza&oldid=1790777"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp