- Moet nie verwar word metPetra Diamonds, 'n mynbougroep met diamantemyne in Suid-Afrika, nie.
Petra (Arabies: البتراء,Al-Batrāʾ;Antieke Grieks: Πέτρα), onder dieNabateërs bekend asRaqmu, is 'n ruïnestad in suidwestelikeJordanië en was in antieke tye diehoofstad van die Nabatese ryk asook 'n belangrike kruispunt in dieMidde-Ooste. Die stad is bekend vir sy graftempels wat uit die rotse gebeitel is. Petra is in 1985 deurUnesco aswêrelderfenisgebied gelys en word as een van diesewe nuwe wonders van die wêreld beskou.[1] Die stad is Jordanië se bekendste en mees besoekte toeristebestemming.[2] Petra word weens sy rooi sandsteen "'n roosrooi stad die helfte so oud soos tyd" genoem.
Petra is halfpad tussen dieDooie See in die noorde en dieGolf van Akaba in die suide, oos van die grens metIsrael op 'n plato, geleë. Sy ligging is as strategies gunstig beskou omdat hier verskeie belangrike handelsroetes ontmoet het, maar die stad kon ook net deur nou nisse tussen die rotse bereik word.
Petra is in die 5de eeu v.C. gestig en ná die stad word onder andere deurStrabo,Plinius die ouere enFlavius Josephus verwys. Tussen die 3de eeu v.C. en die 1ste eeu n.C. het Petra sy bloeitydperk beleef. Nadat die gebied deur dieArabiere in 663 verower is, het die laaste inwoners die stad verlaat. Petra was tot in 1812 nie in die Westerse wêreld bekend nie, toe dit deur dieSwitserse ontdekkingsreisiger Johann Ludwig Burckhardt herontdek is.
Die stad is van water voorsien, wat uit omliggende reservoirs metakwadukte na die stad gelei is. Petra seargitektuur toon 'n Grieks-Romeinse invloed wat met die plaaslike Nabatese stil vermeng is.
Kaart van Petra
Khazne al-Firaun, "die farao se skatkis"
Die rotsgrafAd Deir, "die klooster"
Die rotsgrafAd Deir, "die klooster"
 | Wikimedia Commons bevat media in verband metPetra. |