Pelycosauria | |
---|---|
![]() | |
’n Skelet vanDimetrodon mileri in die Harvard-museum van Natuurgeskiedenis. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Orde: | Pelycosauria (Cope, 1878) |
Pelycosauria (vanGrieks πέλυξpelyx, "houtbak", en σαῦροςsauros, "akkedis") is ’n informele groepering oforde wat bestaan uitbasale, of primitiewe,sinapsides uit die laatPaleosoïkum. Daar word soms verkeerdelik na hulle verwys as "soogdieragtige reptiele". Hulle bestaan uit alle sinapsides behalwe dieterapsides en hul afstammelinge.
Sommigespesies was nogal groot en kon tot 3 m of hoër word, hoewel die meeste baie kleiner was. Omdat meer gevorderde groepe sinapsides regstreeks uit Pelycosauria ontwikkel het, gebruik wetenskaplikes van die 21ste eeu nie meer die term amptelik nie, maar net informeel.[1]
Pelycosauria het tydens diePennsylvanium ontstaan en hul hoogtepunt in dievroeë Perm bereik. Hulle was sowat 40 miljoen jaar lank die oorheersende landdiere. ’n Paar het tot in dieCapitanium oorleef. Hulle is deur dieterapsides opgevolg.