Pella | |
---|---|
Katedraal van Pella | |
Koördinate:29°2′0″S19°9′0″O / 29.03333°S 19.15000°O /-29.03333; 19.15000 | |
Land | ![]() |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Khâi-Ma |
Stigting | 1814 |
Oppervlak | |
• Totaal | 477,83 km2 (184,49 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 470 |
• Digtheid | 5/km2 (10/vk. myl) |
Rasverdeling(2011) | |
• Wit mense | 0.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 96.1% |
• Swart mense | 2.8% |
• Ander | 0.5% |
Taal(2011) | |
• Afrikaans | 97.5% |
• Ander | 2.5% |
Poskode(strate) | 8891 |
Poskode(posbusse) | 8891 |
Skakelkode | 054 |
Pella is 'n dorp en sendingpos noordwes vanPofadder in die provinsieNoord-Kaap vanSuid-Afrika. Die dorp is omstreeks 1814 as 'n sendingpos van dieLondense Sendinggenootskap gestig, toeChristen-Khoisan hulle in die gebied gevestig het. Die dorp se naam is afgelei van die Palestynse dorp Pella, 'n antieke toevlugsoord vanChristene tydens die vervolging deur Romeinse owerhede. Pella is later deur dieRynse Sendinggenootskap en in 1875 uiteindelik deur dieRooms-Katolieke Kerk oorgeneem.
Die kerk op Pella is deurFranse sendelinge opgerig, en hulle het ook die eerste dadelboord aangelê. Vandag staan Pella bekend vir sy dadels van hoë gehalte, terwyl sy omgewing met 'n verskeidenheid geologiese formasies spog.Halfedelstene is volop in die gebied.Pellaberg is ongeveer 4 km noordwes van Pella.