Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Pelasgers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Kaart van die eertydse woongebiede van die Pelasgers, soos dit deur antieke skrywers vermeld is. Volgens dieGriekse mitologie was ene Pelasgos die voorvader van die Pelasgers, en hy sou volgens dieantieke Grieke ook die eerste man wees.

Die benamingPelasgers (Grieks:Πελασγοί,Pelasgoí, enkelvoudΠελασγός,Pelasgós) is deur sekereantieke Griekse skrywers gebruik om te verwys na bevolkings wat dieHellene inGriekeland voorafgegaan het, " 'n omvattende term vir enige antieke, primitiewe en vermoedelik inheemse mense van die Griekse wêreld."[1] Oor die algemeen het "Pelasger" die betekenis aangeneem van bykans al die inheemse bewoners van die Egeïese lande en hul kulture voor die opkoms van die Griekse taal.[2] Dit het nie 'n eksklusiewe betekenis nie, maar benodig spesifisering indien ander konnotasies daaraan geheg word. Tydens dieklassieke periode, hetenklawes wat so benoem word oorleef in verskeie liggings in die Griekse vasteland,Kreta en ander streke van dieEgeïese See. Bevolkings wat as "Pelasgiaans" aangedui word, het 'n taal of tale gebesig, wat in hul eie tyd nie as Grieks beskou is deur die Grieke nie, selfs al is die Pelasgers deur sekere antieke skrywers voorgehou asGrieke. Ook, volgens 'n oorgelewerde tradisie, was groot dele van Griekeland eens Pelasgiaans, voor die Hellenisering daarvan. Hierdie gebiede val oorwegend binne die etniese streke wat teen die 5de eeu v.C. geag is as behorend aanantieke Griekse sprekers wat asIoniërs aangedui is.

Die klassifikasie van die Pelasgerse taal (of tale), wat slegs bekend is weens die nie-Griekse elemente in antieke Grieks en onderskeibaar is in sekere plekname, hetsy een of meer Pelasgerse tale ter sprake is, en die verwantskap van Pelasgers met voorhistoriese Helleens, is veelbewoë vrae wat nog nie afdoende beantwoord is nie. Dié studierigting is gemik op bykomende getuienis wat die gapings mag aanvul. Baie teorieë is al voorgestel, met wisselende byval. Sekere daarvan bevat die vooroordele van eietydsenasionalistiese kwessies, wat afbreuk doen aan die objektiwiteit daarvan.[3]

Argeologiese opgrawings van die 20ste eeu het artefakte blootgelê in gebiede wat tradisioneel bewoon is deur die Pelasgers, soosThessalië,Attika enLemnos. Argeologiese ondersoeke bySesklo enDimini het Pelasgerse materiaal aan die lig gebring wat beskryf is as Laatsteentyds; andere sien die Pelasgerse materiaalkultuur as "Middelhelladies" of selfs as die "Laathelladiese" kultuur vanMiceense Griekeland, waar die vondse van bondige inskripsies reeds aanduibaar in 'n vroeë Griekse vorm is. Selfs die konnotasies wat getref word tussen argeologiese materiaalgetuienis en linguistiese kultuur word bevraagteken deurWalter Pohl en ander moderne kenners vanetnogenese.[4]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Apollonius Rhodius (vertaal deur Peter Green).The Argonautika (Uitgebreide uitgawe). University of California Press, 2007,ISBN 0520253930, p. 223 (Kommentaar op I.987).
  2. "'n Lid van 'n volk wat tuis was in die landstreek van die Egeïese See voor die koms van die Grieke":"Pelasger".The American Heritage Dictionary of the English Language: Vierde uitgawe (in Engels). 2000. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 10 Februarie 2009. Besoek op15 Januarie 2008.
  3. Smith, Anthony D.Nationalism: Theory, Ideology, History. Wiley-Blackwell, 2001, p. 82,ISBN 0745626599. "Buitendien, sou dit werklik van belang wees vir die vorming van nasies? Objektiewe geskiedkundigheid mag op die langduur belangrik wees, maar vir die grote gros van die bevolking moet 'n meedeling oor net soveel gevoelvolle 'resonansie' beskik, as 'feite-inhoud'."
  4. Pohl, "Aux origines d'une Europe ethnique. Transformations d'identités entre Antiquité et Moyen Age".Annales HSS60 (2005): 183-208, en Pohl, "Konsepsies van Etnisiteit in Vroeë Middeleeuse Studies"Debatering van die Middeleeue: Kwessies en Lesings, Lester K. Little en Barbara H. Rosenwein, red. (Blackwell), 1998, pp. 13-24. (Aanlyn teks).

Sien ook

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Pelasgers&oldid=2870604"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp