Peka | |
---|---|
![]() Peka volgens diePromptuarii Iconum Insigniorum | |
Gebore | |
Nasionaliteit | Israeliet |
Beroep | koning van Israel |
Termyn | 737-732 v.C. |
Voorganger | Pekahia |
Opvolger | Hosea |
Ouer(s) | Remaljahu |
Peka (Hebreeus: פקח vir "met oop oë") was diekoning van diekoninkryk van Israël tussen die jare 737 v.C. tot 732 v.C.. Hy was die seun vanRemaljahu en word koning nadat hy, met behulp van vyftig manne uit Gilead, sy voorgangerPekahia vermoor het (2 Konings 15:25-27). Tydens die heerskappy van Peka val die Assiriese koningTiglat-Pileser III Israël binne en beset hy verskeie stede in die noorde van Israël. Die Assiriese koning voer ook ´n groep Israëliete as ballinge mee naAssyrië. In 2 Konings 15: 29-31 word genoem datHosea hierna teen Peka saamgesweer het en dat Peka doodgemaak is. In die inskripsies van koning Tiglat-Pileser word melding gemaak van die oorlog teen Israel en daar word aanspraak gemaak dat die Assiriese koning persoonlik vir Peka afgeset het en vervang het met Hosea.
2 Konings 15: 25-31