Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Patats

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Patats
Blom
Knolagtige wortels
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
I. batatas
Binomiale naam
Ipomoea batatas

Diepatat (Ipomoea batatas) is 'n dikotieleplant wat behoort tot diefamilieConvolvulaceae. Dit is 'n groot bron vanstysel met 'n soet smaak, die knolagtige wortels is 'nwortelgroente.[1][2] Die jong blare en lote word soms geëet as groenigheid. Van die sowat 50genera en meer as 1 000spesies vanConvolvulaceae, isI. batatas die enigste gewas van groot belang - 'n paar ander word plaaslik gebruik, maar heelparty is eintlik giftig. Patats is net verlangs verwant aan dieaartappel (Solanum tuberosum) en behoort nie aan die nastergalfamilie (Solanaceae) nie.

Die genusIpomoea van die patat bevat ook verskeie tuinblomme genaamd "morning glories", alhoewel die term gewoonlik nie uitgebrei word naIpomoea batatas nie. Sommige kultivars vanI. batatas word as ornamentele plante gekweek.

Die plant is 'n meerjarige kruidagtige wingerdstok, met alternatiewe hartvormige of handvormige gelobde blare en mediumgrootteblomme. Die eetbare knolagtige wortel is lank en spits, met 'n gladde skil waarvan die kleur wissel tussengeel,oranje,rooi,bruin,pers enbeige. Die vlees wissel van beige totwit, rooi, pienk, geel, oranje en pers. Patatrasse met wit of liggeel vlees is minder soet en klam as diegene met rooi,pienk of oranje vlees.[3]

Patatkoek vanRéunion

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Purseglove, 1991
  2. Woolfe, 1992
  3. Loeb, 2009
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal.
NormdataEdit this at Wikidata
Taksondatabasisse
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Patats&oldid=2256959"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp