Parazoa is ’n ousubkoninkryk onderdiere. Die naam beteken letterlik "langs die diere".
Parazoa verskil van hulChoanoflagellatea-voorsate deurdat hulle nie mikroskopies is nie en gedifferensieerde selle het. Hulle het egter nie weefsel en organe nie. Die enigste oorlewende Parazoa issponse, wat tot diefilum Porifera behoort, en dieTrichoplax in die filumPlacozoa.
Parazoa se liggaam het geen simmetrie nie; alle ander diergroepe toon die een of ander vorm van simmetrie. Daar is tans 5 000spesies, waarvan 150 varswaterdiere is. Larwes isplankton en volwassenes sittend.
Die skeiding tussen Parazoa enEumetazoa word geraam op 940 miljoen jaar gelede.[1]
Die groep word nou asparafileties beskou.[2] Dit word nie ingesluit in die meeste moderne kladistiese ontledings nie. Wanneer daarna verwys word, word dit soms beskou as dieselfde asPorifera.[3]