Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Paralimpiese Somerspele 2012

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
XIVe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 2012

Gehou inLonden,Verenigde Koninkryk
Deelnemende lande164
Deelnemende atlete4 302 (2 779 mans, 1 523 vroue)
Items503 in 20 sporte
Openingseremonie29 Augustus2012
Sluitingseremonie9 September2012
Amptelik geopen deurKoninginElizabeth II
Atlete-eedLiz Johnson
Beampte-eedRichard Allcroft
Olimpiese vlamMargaret Maughan
Vorige Spele2008: Beijing (China)
Volgende Spele2016: Rio de Janeiro (Brasilië)

DieParalimpiese Somerspele 2012 (Engels:2012 Summer Paralympics) is tussen 29 Augustus en 9 September 2012 inLonden,Verenigde Koninkryk, aangebied. Tydens die geleentheid het 4 302 atlete uit 164 nasies aan 503 items in 20 verskillendesportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die 14deParalimpiese Somerspele wat aangebied is.

DieOlimpiese Stadion inLonden

Die Spele is amptelik deur koninginElizabeth II van die Verenigde Koninkryk geopen. Dit is die eerste Paralimpiese Spele wat deur die koningin geopen is. DieSpele van 1984, wat gesamentlik deur die Verenigde Koninkryk en dieVerenigde State van Amerika aangebied is, is deurPrins Charles enRonald Reagan geopen.

DieOlimpiese Somerspele 2012 is tussen 27 Julie en 12 Augustus in Londen gehou.

Toewysing

[wysig |wysig bron]
Londen se Paralimpiese en Olimpiese gelukbringers, Mandeville (links) en Wenlock (regs)
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2012:

   Verkose stad

   Kandidaatstede

   Aansoekende stede

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen dieInternasionale Paralimpiese Komitee en dieInternasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2012 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2012.[2] Londen is op 6 Julie 2005 inSingapoer deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2012. Ander kandidate was:Parys,New York,Madrid enMoskou. In die eerste ronde het Moskou uitgeval, in die tweede ronde New York, in die derde ronde Madrid, en uiteindelik ook Parys.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2012[3]
StadLandRondte 1Rondte 2Rondte 3Rondte 4
LondenVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk22273954
ParysVlag van Frankryk Frankryk21253350
MadridVlag van Spanje Spanje203231
New YorkVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State1916
MoskouVlag van Rusland Rusland15

Sporte

[wysig |wysig bron]

20 verskillendesportsoorte is tydens die Paralimpiese Spele beoefen. Die sportsoorte is:

Kalender

[wysig |wysig bron]

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is. Die amptelike program is reeds op 25 Augustus 2011 bekendgestel:[4]

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
Augustus / September 201229
Wo
30
Do
31
Vr
1
Sa
2
So
3
Ma
4
Di
5
Wo
6
Do
7
Vr
8
Sa
9
So
Items
5-per-kant sokker11
7-per-kant sokker11
Atletiek1117201721202116234170
Bankdruk233333320
Boccia347
Boogskiet4329
Doelbal22
Fietsry55531846450
Judo44513
Roei44
Rolstoelbasketbal112
Rolstoelrugby11
Rolstoelskerm4421112
Rolstoeltennis1236
Ruitersport232411
Seil33
Sitvlugbal112
Skyfskiet2221111212
Swem15151514141515151515148
Tafeltennis11104429
Totaal0284049595154644748576503
Kumulatief02868117176227281345392440497503
SeremoniesOSSS
Augustus / September 201229
Wo
30
Do
31
Vr
1
Sa
2
So
3
Ma
4
Di
5
Wo
6
Do
7
Vr
8
Sa
9
So
Items

Deelnemende nasies

[wysig |wysig bron]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al dieNasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

[wysig |wysig bron]

Tydens die vorige Paralimpiese Spele het Suid-Afrika 30 medaljes (21 goud, 3 silwer en 6 brons) ingepalm en in die sesde plek geëindig.

Oscar Pistorius het dieSuid-Afrikaanse vlag tydens die openingseremonie ingedra.[5]

Suid-Afrika het 62 atlete na die Spele gestuur. Hulle eindig in die algehele agtiende plek met 29 medaljes. Hiervan is 8 goud-, 13 silwer en 9 bronsmedaljes.

Medaljewenners
MedaljeNaamSportItemDatum
GoudNatalie du ToitSwemDames se 100 m-vlinderslag S930 Augustus
BronsHendri HerbstSwemMans se 100 m-vryslag S1131 Augustus
BronsAchmat HassiemSwemMans se 100 m-vlinderslag S101 September
BronsJonathan NtutuAtletiekMans se 100 m T131 September
SilwerTebogo MokgalagadiAtletiekMans se 100 m T351 September
GoudCharl BouwerSwemMans se 50 m-vryslag S131 September
SilwerDyan BuisAtletiekMans se 100 m T381 September
BronsAnrune LiebenbergAtletiekDames se 200 m T461 September
SilwerCharl BouwerSwemMans se 100 m-vryslag S132 September
SilwerOscar PistoriusAtletiekMans se 200 m T442 September
SilwerCharl BouwerSwemMans se 100 m-rugslag S133 September
BronsUnion SekailweAtletiekMans se 400 m T383 September
BronsMichael LouwrensAtletiekMans se gewigstoot F57-584 September
GoudNatalie du ToitSwemDames se 400 m-vryslag S94 September
BronsShireen SapiroSwemDames se 100 m-rugslag S104 September
BronsDyan BuisAtletiekMans se verspring F37-385 September
GoudOscar Pistorius
Arnu Fourie
Samkelo Radebe
Zivan Smith
Atletiek4x100 m Aflos T42-465 September
GoudNatalie du ToitSwemDames se 200 m Individuele Medley SM96 September
SilwerHilton LangenhovenAtletiekMans se 400 m T126 September
SilwerIlse HayesAtletiekDames se 100 m T136 September
BronsArnu FourieAtletiekMans se 100 m T446 September
SilwerNatalie du ToitSwemDames se 100 m-vryslag S97 September
SilwerErnst van DykFietsryMans se padwedloop H47 September
GoudIlse HayesAtletiekDames se verspring F137 September
SilwerDyan BuisAtletiekMans se 200 m T388 September
SilwerKevin PaulSwemMans se 100 m-borsslag SB98 September
GoudFanie van der MerweAtletiekMans se 100 m T378 September
SilwerAnrune LiebenbergAtletiekDames se 400 m T468 September
GoudOscar PistoriusAtletiekMans se 200 m T448 September
Medaljes per sport
SportTotaal
Swem44311
Atletiek47617
Fietsry0101
Totaal812929
Oscar Pistorius asSuid-Afrika se vlagdraer tydens die Paralimpiese Somerspele 2012 inLonden
Samkelo Radebe, Zivan Smith, Arnu Fourie en Oscar Pistorius (v.l.n.r.) uit Suid-Afrika
Suid-Afrika se Oscar Pistorius nadat hy die Mans se 400 m T44 gewen het

Aantal medaljes

[wysig |wysig bron]

Hier is die voorste tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het.

 Plek Land DeelnemersGoud GoudSilwer SilwerBrons BronsTotaal
1Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China (CHN)284957165231
2Vlag van Rusland Rusland (RUS)181363828102
3Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)294344343120
4Vlag van Oekraïne Oekraïne (UKR)15032242884
5Vlag van Australië Australië (AUS)16132233085
6Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)22331293898
7Vlag van Brasilië Brasilië (BRA)1812114843
8Vlag van Duitsland Duitsland (GER)15218262266
9Vlag van Pole Pole (POL)1001413936
10Vlag van Nederland Nederland (NED)9110101939
18Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA)62812929

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"IPC Historical Results Archive".Internasionale Paralimpiese Komitee.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2018. Besoek op22 Januarie 2018.
  2. (en)"Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'".BBC.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op22 Januarie 2018.
  3. (en)"Past Olympic Host City Election Results". GamesBids.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op22 Januarie 2018.
  4. (en)"2012 Paralympic schedule revealed".BBC News. 25 Augustus 2011.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Julie 2018. Besoek op22 Januarie 2018.
  5. (af)Kyk uit vir dié atlete,Nuus24, 24 Augustus 2012

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]


Paralimpiese SpeleLogo van die Paralimpiese Spele

Somerspele:Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele:Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026Franse Alpe 2030Salt Lake City 2034
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee

Internasionaal
Nasionaal
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Paralimpiese_Somerspele_2012&oldid=2718079"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp