Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Paralimpiese Somerspele 2008

Hierdie artikel is gekies as 'n voorbladartikel. Klik gerus hier vir meer inligting.
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
XIIIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 2008

Gehou inBeijing,China
Deelnemende lande146
Deelnemende atlete4 011 (2 629 mans, 1 382 vroue)
Items472 in 20 sporte
Openingseremonie6 September2008
Sluitingseremonie17 September2008
Amptelik geopen deurPresidentHu Jintao
Atlete-eed(sedert 2012)
Beampte-eedHao Guohua
Olimpiese vlamHou Bin
Vorige Spele2004: Athene (Griekeland)
Volgende Spele2012: Londen (VK)

DieParalimpiese Somerspele 2008 (Chinees: 第十三屆残疾人奥林匹克运动会) is tussen 6 en 17 September 2008 inBeijing,Volksrepubliek China, aangebied. Tydens die geleentheid het 4 011 atlete uit 146 nasies aan 472 items in 20 verskillendesportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die 13deParalimpiese Somerspele wat aangebied is.

DieNasionale Stadion van Beijing

DieOlimpiese Somerspele 2008 is tussen 8 en 24 Augustus in Beijing gehou.

Toewysing

[wysig |wysig bron]
Fu Niu Lele, die gelukbringer van die Paralimpiese Somerspele 2008
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2008

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen dieInternasionale Paralimpiese Komitee en dieInternasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2008 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2008.[2] Beijing is op 13 Julie 2001 inMoskou deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2008. Dié stad is bo die ander kandidate op die kortlys, naamlikIstanboel (Turkye),Osaka (Japan),Parys (Frankryk) enToronto (Kanada) gekies.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2008[3]
StadLandRondte 1Rondte 2
BeijingVlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China4456
TorontoVlag van Kanada Kanada2022
ParysVlag van Frankryk Frankryk1518
IstanboelVlag van Turkye Turkye179
OsakaVlag van Japan Japan6

Fakkelloop

[wysig |wysig bron]

Net soos tydens die "gewone" Spele is 'n fakkel via 'n aflos na dieOlimpiese Stadion gedra waar dieOlimpiese vlam aangesteek is. Die aflos sou in verskeie lande en deur China plaasgevind het, maar die roete is ingeperk en die internasionale been is gekanselleer as gevolg van dieaardbewing watSichuan in Mei 2008 getref het. Die besluit is geneem sodat daar op reddingswerk en die slagoffers gefokus kon word.[4]

Sporte

[wysig |wysig bron]
Boccia tydens die Paralimpiese Somerspele van 2008 in Beijing

20 verskillendesportsoorte is tydens die Paralimpiese Spele beoefen. Roei is vir die eerste keer op die program ingesluit. Die sportsoorte is:

Kalender

[wysig |wysig bron]

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
September6
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
Items
5-per-kant sokker11
7-per-kant sokker11
Atletiek1020171016201819255160
Bankdruk342342220
Boccia437
Boogskiet4329
Doelbal22
Fietsry5574154444
Judo44513
Roei44
Rolstoelbasketbal112
Rolstoelrugby11
Rolstoelskerm332210
Rolstoeltennis1326
Ruitersport243211
Seil33
Sitvlugbal112
Skyfskiet22222212
Swem161816121316141817140
Tafeltennis5114424
SeremoniesOSSS
Totaal0274161464552495651368472
September6
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
Items

Deelnemende nasies

[wysig |wysig bron]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al dieNasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

[wysig |wysig bron]
Iran teen Suid-Afrika in rolstoelbasketbal tydens die Paralimpiese Somerspele 2008
Natalie du Toit (middel), saam met die Australiese swemmers Annabelle Williams en Ellie Cole, nadat hulle tydens die Paralimpiese Somerspele 2008 inBeijing medaljes gewen het
Oscar Pistorius in dieBeijing Nasionale Stadion tydens die Paralimpiese Somerspele 2008

DieSuid-Afrikaanse Paralimpiese span van 59 atlete het op Vrydag, 29 Augustus 2008 na Beijing vertrek. Die span het 35 medaljes tydens die vorige Spele in2004 verower en in die 13de posisie geëindig.

Natalie du Toit kon nie aan die 100 m-rugslag deelneem nie aangesien die Suid-Afrikaanse sportvereniging vir liggaamlik gestremdes (SASVLG) haar te laat vir die item geregistreer het.[5]

Soos tydens dieOlimpiese Spele, hetNatalie du Toit weer dieSuid-Afrikaanse vlag tydens die openingseremonie in dieBeijing Nasionale Stadion ingedra. Dit maak haar die eerste atleet in die moderne geskiedenis wat die eer gehad het om tydens beide geleenthede as vlagdraer op te tree.[6]

Natalie du Toit het ook Suid-Afrika se eerste medalje verower toe sy op die eerste dag van die Spele 'n goue medalje tydens die 100 m-vlinderslag ingepalm het.

Na die tweede dag is Suid-Afrika in die vyfde posisie. Medaljes vir die dag:

Medaljes vir die derde dag:

Vierde dag (Woensdag, 10 September):

Vyfde dag (Donderdag, 11 September):

  • Natalie du Toit (derde goue medalje vir wisselslag en 'n wêreldrekord)

Sesde dag (Vrydag, 12 September):

Sewende dag (Saterdag, 13 September):

Agtste dag (Sondag, 14 September):

  • Natalie du Toit (vyfde goue medalje vir 50 m-vryslag)
  • Ernst van Dyk (goud vir fietsry)

Negende dag (Maandag, 15 September):

  • Geen.

Tiende dag (Dinsdag, 16 September):

  • Fanie van der Merwe (goud)
  • Fanie Lombard (goud)
  • Oscar Pistorius (goud)
  • Hylton Langenhoven (goud)
  • Ilse Hayes (silwer)

Laaste dag (17 September):

  • Ernst van Dyk (brons vir atletiek)

In totaal verdien Suid-Afrika 30 medaljes (21 goud, 3 silwer en 6 brons) en eindig in die sesde plek. Hoewel Suid-Afrika 5 minder medaljes as in 2004 verower het, stoot die verhouding van goud tot die totale aantal medaljes SA op van 'n 13de na die 6de posisie op die wêreldranglys.

Aantal medaljes

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Paralimpiese Somerspele 2008 medaljes.

Hier is die voorste tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het.

 Plek Land DeelnemersGoud GoudSilwer SilwerBrons BronsTotaal
1Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China (CHN)332897052211
2Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)212422931102
3Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)21336352899
4Vlag van Oekraïne Oekraïne (UKR)7824183274
5Vlag van Australië Australië (AUS)16723292779
6Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA)213630
7Vlag van Kanada Kanada (CAN)14319102150
8Vlag van Rusland Rusland (RUS)18232263
9Vlag van Brasilië Brasilië (BRA)18816141747
10Vlag van Spanje Spanje (ESP)13315212258

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"IPC Historical Results Archive".Internasionale Paralimpiese Komitee.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2018. Besoek op22 Januarie 2018.
  2. (en)"Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'".BBC.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op22 Januarie 2018.
  3. (en)"Past Olympic Host City Election Results". GamesBids.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op22 Januarie 2018.
  4. (en)"International torch relay for Beijing Paralympic Games cancelled", Xinhua, 25 Junie 2008
  5. (af)Nóg 'n Beijing-blapsGeargiveer 6 September 2008 opWayback Machine, Beeld, besoek op 6 September 2008
  6. (en)"Africa | Amputee to fly SA's Olympic flag".BBC News. 8 Augustus 2008.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op13 September 2016.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]


Paralimpiese SpeleLogo van die Paralimpiese Spele

Somerspele:Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele:Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026Franse Alpe 2030Salt Lake City 2034
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee

Internasionaal
Nasionaal

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Paralimpiese_Somerspele_2008&oldid=2442172"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp