Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Pan-Afrika kleure

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die tradisionelevlag van Ethiopië gebruik drie kleure: rooi, geel en groen.
DieUNIA-vlag gebruik drie kleure: rooi, swart en groen.
Afrika-lande wat die Pan-Afrika kleure in hul vlag gebruik word in groen vertoon.

Twee stelle van drie kleure word na verwys as diePan-Afrika kleure.

Die term "Pan-Afrika kleure" verwys soms nagroen, goud en rooi. Die kleure word nou gevind op dievlae van baieAfrika-lande, en het hulle oorsprong inEthiopië, waarvandaan hulle verwant is aan dieRastafariese beweging. Dit is op baie antieke Afrika vlae gebruik - noemenswaardig in die verband was hulle deel van die bloeisel wat op dievlag vanGrenada, dieMoorse staat inSpanje vesrkyn het. Die kleure verskyn mees prominent op die 1798 vlag vanAbissinië, met die groen aan die onderkant; dit is egter per ongeluk onderstebo gehang by 'n staatsplegtigheid en die tradisie is deur die Ethiopiese regering en verskeie Afrika-lande, sowel as deur Pan-Afrikanistiese organisasies oral in die wêreld aangeneem. Die vlae word nou alledaags met groen bo (of voor) geel, en rooi aan die onderkant (of aan die agterkant) van die vlag gesien.

Behalwe vir 'n kort tydperk van besetting deurItalië onder dieFasciste, het Ethiopië buiteEuropese beheer gebly tydens die koloniala era, en is dus deur die nuut-onafhanklike lande in Afrika bewonder. Die aanemening van die Ethiopiese nasionale kleure is 'n gevolg hiervan. Die eerste Afrika-land om rooi, goud en groen vir die land se vlag aan te neem op omafhanklikheidswording isGhana in1957.

Volgens dieUNIA segrondwet is die Pan-Afrika kleurerooi, swart en groen, "rooi verteenwoordig die edel bloed wat al die mense van Afrika afkoms verenig, die swart kleur vir swart mesne waarvan die waardigheid deur die bestaan van dievlag gehandhaaf word, groen vir die oorvloedige natuur rykdom van diemoederland,Afrika." Die UNIA se vlag, wathierGeargiveer 15 Junie 2006 opWayback Machine gesien kan word, is aangewys as die amptelike kleure van die Afrika Ras deur dieUNIA by sy byeenkoms inMadison Square Garden op13 Augustus1920 inNew York Stad.

Huidige vlae met Pan-Afrika kleure

[wysig |wysig bron]

Die volgende lande kombineer drie tot vier van rooi, swart, groen, en geel in hulle vlae as verteenwoordigend van hulle Afrika identiteit.

Afrika

[wysig |wysig bron]

Karibik

[wysig |wysig bron]

Suid-Amerika

[wysig |wysig bron]

Oseanië

[wysig |wysig bron]

Voormalige vlae

[wysig |wysig bron]

Voormalige lande

[wysig |wysig bron]

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Pan-Afrika_kleure&oldid=2694966"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp