Palladium word gewoonlik as 'n vrye metaal in legering met ander platinumgroepmetale aangetref. Dit word kommersieel ontgin vanuit koper-nikkelertse. Palladium het 'n groot affiniteit virwaterstof en kan soveel as 900 keer sy eie volume van die gas absorbeer. Palladium-metaal en sy komplekse word dikwels in katalisatore gebruik soos in die geval vankatalitiese omsetters in motors,palladium op koolstof wat in organiese chemie en ander verbindingsreaksies gebruik word. Dit is 'nedelmetaal wat soms injuweliersware gebruik word en word met dieISO valutakode XPD aangedui. Palladium het onlangs baie belangstelling by beleggers laat ontstaan. Vroeg in 2007 is verskeieEffekte verhandelde fondse met fisiese palladium as rugsteuning geloods, onder andere dieLondon ETF SecurityGeargiveer 18 Oktober 2007 opWayback Machine en dieZKB Palladium ETF[dooie skakel].
Palladiumchloried is eens op 'n tyd as 'n behandeling virtuberkulose voorgeskryf teen 'n dosis van 0.065 g per dag. Die behandeling het nie baie nadelige gevolge gehad nie, maar is later met meer doeltreffendegeneesmiddels vervang.
Palladium se affiniteit vir waterstof het 'n belangrike rol gespeel in die omstredeFleischmann-Pons eksperiment in 1989, waar die navorsers beweer het dat hullekoue fusie ontdek het.
Vroeg in die jaar 2000 is die Russiese verskaffing van palladium aan wêreldwye markte gereeld onderbreek of vertraag[4] omdat uitvoerkwotas nie betyds vanweë politiese oorwegings toegestaan is nie. Die daaropvolgende paniekgedredewe aankope het die palladiumprys die hoogtes in laat skiet tot op 'n hoogtepunt van bykans $1100 (VSA) in Januarie van 2001.[5] In hierdie tydperk het dieFord Motormaatskappy uit vrees dat motorvervaardiging onderbreek sou word as gevolg van palladiumtekorte, 'n groot hoeveelheid van hierdie metaal opgeberg en met die gevolglike daling in pryse later in 2001 het die maatskappy 'n verlies van $1 Miljard gely.[6]
Die wêreldwye vraag na palladium het vanaf 100 ton in 1990 tot bykans 300 ton in 2000 gestyg. Die wêreldwye produksie uit myne was 222 ton in 2006 alvorensUSGS se data. Die meeste palladium word gebruik inkatalitiese omsetters in die motornywerheid.[7]
In 2005 was Rusland die topprodusent van palladium gewees met ten minste 'n 50% markaandeel gevolg deur Suid-Afrika, die V.S.A en Kanada volgens dieBritish Geological Survey.
Palladium word as 'n vrye metaal in die natuur gevind en kom in legering saam met platinum engoud in die spoelneerslae van dieOeralgebergte,Australië,Etiopië,Suid- enNoord-Amerika. Dit word kommersieel ontgin vanuitnikkel-koper neerslae uitSuid-Afrika,Ontario in die V.S.A enSiberië; Die hoë waarde van palladium maak die hoë koste van ontginning vanweë die lae konsentrasie en gevolglike groot hoeveelhede erts wat verwerk moet word, steeds winsgewend. Die wêreld se grootste enkele vervaardiger van palladium isMMC Norilsk Nickel wat dit produseer vanuit dieNorilsk-Talnakh neerslag. DieMerensky-rif van dieBosveldkompleks van Suid-Afrika bevat beduidende hoeveelhede palladium saam met anderplatinumgroep elemente. DieStillwater-kompleks inMontana bevat ook ontginbare palladium.
Palladium ontstaan ook infissiereaktore en kan onttrek word vanuit die uitgeputte kernbrandstof. Palladium word aangetref in die seldsame mineralekoöperiet enpolariet.
Palladium is 'n sagte silwerwit metaal wat ooreenkomste toon metplatinum. Dit is diéplatinumgroep-metaal met die laagste digtheid en laagstesmeltpunt. Dit is sag enpletbaar wanneer dituitgegloei word en die koue verwerking daarvan verleen baie sterkte en hardheid daaraan.
Palladium word chemies aangeval deurswaelsuur,salpetersuur ensoutsuur waarin dit stadig sal oplos.[3] Hierdie metaal reageer nie metsuurstof by normale temperature nie (en vlek dus nie in lug nie). Palladium wat verhit word tot by 800 °C sal 'n laag palladium(II)oksied (PdO) laat ontstaan. Dit vlek ook effens in vogtige atmosfere wat swael bevat.
Dié metaal het die ongewone vermoë om soveel as 900 keer sy eie volumewaterstof by kamertemperatuur teabsorbeer. Daar word gereken dat die verbindingpalladiumhidried (PdH2) gevorm word maar dit is nog onseker of dit 'n warechemiese verbinding is.[3] As palladium groot hoeveelhede waterstof absorbeer sit dit ook effens uit.[8]
Algemeneoksidasietoestande van palladium is 0, +1, +2, en +4. Al is daar oorspronklik vermoed dat +3 die fundamentele oksidasietoestand van palladium was, bestaan daar geen bewyse van palladiumverbindings wat in die +3 toestand voorkom nie; ondersoeke is deur middel vanX-straaldiffraksie gedoen van 'n verskeidenheid verbindings wat eerder 'ndimeer van palladium(II) en palladium(IV) aandui. Meer onlangs is verbindings met 'n oksidasietoestand van +6 voorberei.
Palladium wat in die natuur voorkom bestaan uit sesisotope. Die mees stabieleradio-isotope is107Pd met 'nhalfleeftyd van 6.5 miljoen jaar,103Pd met 'n halfleeftyd van 17 dae en100Pd met 'n halfleeftyd van 2.63 dae. Agtien ander radio-isotope is al geëien metatoommassas wat wissel tussen 92.936 (93Pd) en 119.924 (120Pd). Die meeste van hierdie halfleeftye is minder as 'n halfuur behalwe vir101Pd (halfleedtyd: 8.47 uur),109Pd (halfleeftyd: 13.7 uur) en112Pd (halfleeftyd: 21 uur).
Radiogeniese107Ag is 'n vervalproduk van107Pd en is die eerste wat in dieSanta Clara, Kalifornië meteoriet van1978 ontdek is.[9] Die ontdekkers daarvan het voorgestel dat die samesmelting en differensiasie van klein ysterkern planete sowat 10 miljoen jaar plaasgevind het na 'nnukleosintetiese gebeurtenis.
107Pd teenoor Ag korrelasies wat in liggame waargeneem is, wat duidelik gesmelt was sedert dieakresie (samesmelting) van diesonnestelsel, dui op die teenwoordigheid van nukliede met kort lewensduurte in die vroeë sonnestelsel.[10]
Die grootste verbruiker van palladium in elektronika is die vervaardiging van multi-laagkeramiekkapasitore(MLKK). Dit word ook gebruik vir die platering van elektroniese komponente en in soldeerselmateriale. Die elektroniese bedryf het meer as 1.07 miljoen fyn ons palladium in 2006 verbruik alvorens 'nJohnson Matthey verslag.
Waterstof diffundeer maklik deur verhitte palladium; dus kan dit gebruik word om die gas te suiwer.[3] Palladium (en palladium-silwer legerings) word gebruik as elektrodes in multilaag keramiekkapasitore.[11] Palladium (soms in legering metnikkel) word ook gebruik om verbindingstukke te plateer in elektroniese verbruikersgoedere.
Sedert 1939 is palladium so nou en dan gebruik as 'n edelmetaal injuweliersware as 'n vervanging virplatinum ofwitgoud.
'n Palladium geplateerde gordelgespe.
Die metaal se natuurlike wit kleur maak dit onnodig om dit metrodium te plateer. Dit is effe witter en baie ligter en sowat 12% harder. Net soos goud kan palladium tot 'n dun laag geplet word (so min as 100 nm).[3] Soos platinum sal dit mettertyd 'n wasigepatina ontwikkel. Anders as platinum sal palladium egter verkleur by soldeertemperature en bros word as dit voortdurend verhit en afgekoel word en reageer dit ook met sterk sure.
Palladium kan ook as vervanging vir nikkel in die vervaardiging van witgoud gebruik word. Palladium is een van die drie mees gebruikte elemente in die vervaardiging van witgoud[11] (Nikkel enSilwer word ook gebruik). Palladium-goud is 'n duurder legering as nikkel-goud maar veroorsaak minder allergiese reaksies en behou sy wit kleur langer. Toe platinum as 'n strategiese hulpbron verklaar is tydens dieTweede Wêreldoorlog is baie trouringe uit palladium vervaardig.
In September 2001,[13] was palladium duurder as platinum en is daarom selde gebruik in juweliersware en ook omdat dit moeiliker was om tegiet. Die tegniese probleme met die giet van die metaal is grootliks opgelos en die gebruik van palladium in juweliersware het toegeneem as gevolg van die skerp styging in die prys van platinum en die daling van die palladiumprys.[14]
↑Palladium – A review of exposure and effects to human health, J. Kielhorn, C. Melber, D. Keller, I. Mangelsdorf, International Journal of Hygiene and Environmental Health, volume = 205, uitgawe 6, 2002, bladsye 417-432, 10.1078/1438-4639-00180
↑Gray, Theodore; 46 Palladium[3], Laas nagegaan op 14-10-2007
↑W. R. Kelly, G. J. Wasserburg, Evidence for the existence of107Pd in the early solar system, Geophysical Research Letters, 1978, volume = 5, bladsye = 1079–1082
↑J. H. Chen, G. J. Wasserburg, The isotopic composition of Ag in meteorites and the presence of107Pd in protoplanets,Geochimica et Cosmochimica Acta, 1990, volume 54, uitgawe 6, bladsye 1729–1743, doi = 10.1016/0016-7037(90)90404-9
↑11,011,111,211,3United Nations Conference on Trade and Development,Palladium, laas nagegaan op 5 Feb 2007.