Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Palermo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Palermo
Palermu

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Italië Italië
 Administratiewe gewesSisilië
 Koördinate38°06′N13°21′O / 38.100°N 13.350°O /38.100; 13.350
 Stigting736 v.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaal158,9vk km
 Hoogte bo seevlak14 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2013)676 118
 - Bevolkingsdigtheid4 255/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 -SomertydUTC +2 (MEST)
 BurgemeesterLeoluca Orlando (PD)
 Amptelike webwerfcomune.palermo.it

Palermo (Italiaans: [paˈlɛrmo],luister(hulp·inligting);Sisiliaans:Palermu;Grieks: Πάνορμος,Pánormos) is diehoofstad en regeringssetel van die outonome gewesSisilië binne dieItaliaanse Republiek. Die stad is ook tegelykertyd die grootste stad in Sisilië en van dieMiddellandse See-eilande. Saam met die eilandeSardinië enElba onderskei Sisilië hom van die vastelandse deel van Italië. Met 'n bevolking van 676 118 in 2013 is Palermo naMilaan (Milano),Rome (Roma),Napels (Napoli) enTuryn (Torino) die vyfde grootste stad in Italië. Die inwoners van die stad staan bekend in Italiaans as die Palermitani of poëties die Panormiti. Die Arabies-Normandiese Palermo en die Katedraal-kerke van Cefalù en Monreale is in 2015 deur Unesco aswêrelderfenisgebied gelys. Dit was een van die gasheerstede tydens dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990.

Ligging

[wysig |wysig bron]

Palermo is aan die noordweste van die eiland geleë, aan dieTirreense See en daarmee ook aan die Middellandse See. Die stad kyk uit oor die baai van Palermo wat omring word deur 'n aantal berge waaronder Monte Pellegrino, wat saam 'n pragtige beskutting vir die baai vorm wat bekend staan as die Concha d'Oro (die Goue Skulp). Hoewel die Eoliese eilande nie maklik vanuit Palermo bereikbaar is nie, is die eiland Ustica bereikbaar vanuit die hawe per boot. Rondom Palermo is 'n paar mooi strande en pragtige seedorpe waaronder Mondello, Sferacavallo en Cefalù.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Palermo is gestig in die 8ste eeu v.C. deurFenisiese handelaars binne die natuurlike hawe gevorm deur die Concha d'Oro. Die Fenisiese naam vir die stad was Zis, maar die Griekse koloniste het die stad tot Panormos herdoop, wat "volledige hawe" beteken. Palermo was nooit onder Griekse bestuur (soos byvoorbeeld Napels) nie, maar het later van tyd onderdeel geword van die Griekstalige oostelike deel van die Oos-Romeinse Ryk (Bisantynse Ryk). Palermo word deur baie beskou as die stad wat die meeste verower is ter wêreld.

Fotogalery

[wysig |wysig bron]
  • Panorama van Palermo
    Panorama van Palermo
  • Panorama van Palermo
    Panorama van Palermo
  • Palermo in 1888
    Palermo in 1888
  • Grafte van Frederick II en Roger II
    Grafte van Frederick II en Roger II

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metPalermo.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Palermo&oldid=2503319"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp