Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Paleoantropologie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Replika van dieTaung-kind se skedel.

Paleoantropologie is 'n tak vanpaleontologie enantropologie wat probeer om die vroeë ontwikkeling vananatomies moderne mense te verstaan deur die rekonstruksie vanevolusionêre verwantskapslyne in diefamilieHominidae. Bewyse word verkry uit versteendeskeletoorblyfsels,beenfragmente, voetafdrukke enkultuurbewyse (soos klipinstrumente, artefakte en die ligging van nedersettings).[1][2]

Die veld maak gebruik vanprimatologie,paleontologie enantropologie. Namate tegnologie en metodes verbeter, speelgenetika 'n al hoe belangriker rol, veral in die ondersoek en vergelyking vanDNS-strukture om die verband tussenspesies engenusse te bepaal.

Etimologie

[wysig |wysig bron]

Die term paleoantropologie is afgelei van dieGriekse παλαιός (palaiós, "oud, antiek"), ἄνθρωπος (ánthrōpos, "man, mens") en die agtervoegsel -λογία (-logía, "studie van").

Hominoidea-taksons

[wysig |wysig bron]

Hominoidea is 'n superfamilieape, en die familieHominidae bevat die familie grootape en mense binne dié superfamilie. DieHomininae bevat beide die mense en Afrika-ape. Laasgenoemde verwys net na diesjimpansee engorilla.[3] Die termHominini verwys na die mensliketribus, waarvanHomo sapiens (moderne mense) die enigste lewende spesie is.[4][5]

SubordeHominoidea
FamilieHominidae
SubfamilieHomininae
TribusGorilliniTribusHominini
GenusArdipithecusGenusAustralopithecusGenusParanthropusGenusKenyanthropusGenusHomo

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

18de eeu

[wysig |wysig bron]

In 1758 hetCarl Linnaeus die naamHomo sapiens in die 10de uitgawe van sy werkSystema Naturae gebruik as 'n spesienaam, maar sonder 'n wetenskaplike beskrywing van die spesifieke spesie-eienskappe.[6] Aangesien die grootape in die 19de eeu as die mens se naaste verwante beskou is gegrond opmorfologiese ooreenkomste, is gespekuleer dat die mense se heel naaste verwante die sjimpansee (genusPan) en gorilla (genusGorilla) was. Vanweë die natuurlike habitat van dié diere is aangeneem mense en Afrika-ape het 'ngemeenskaplike voorsaat gehad en datfossiele van dié voorsate eindelik inAfrika gevind sou word.[6][7]

Charles Darwin.

19de eeu

[wysig |wysig bron]

Die wetenskap het stellig in die laat 19de eeu ontstaan toe belangrike ontdekkings gedoen is wat gelei het tot die studie vanmenslike evolusie. Die ontdekking van dieNeanderdaller inDuitsland,Thomas Huxley seEvidence as to Man's Place in Nature enCharles Darwin seThe Descent of Man was alles belangrik vir paleoantropologiese navorsing.

Die moderne veld het begin met die ontdekking van die Neanderdaller in 1856 en bewyse van sogenaamde grotmense. Die idee dat mense soortgelyk aan die grootape is, was geruime tyd al aan wetenskaplikes duidelik, maar die biologieseevolusie van spesies in die algemeen is nog nie bestudeer nie, tot met die publikasie van Darwin seOn the Origin of Species in 1859.

Asië

[wysig |wysig bron]
Vyf van die sewe bekende fossieltande vanHomo luzonensis wat in dieFilippyne ontdek is.

Voor die algemene aanvaarding van Afrika as die oorsprong van die genusHomo, het naturaliste van die 19de eeu die mens se oorsprong inAsië gesoek. Die eerste enkele menslike tand, uitBeijing, is in die vroeë 20ste eeu deur die Duitse paleontoloog Max Schlosser beskryf. Elf jaar later, in 1918, het die Sweedse geoloog Johan Gunnar Andersson die terreine omZhoukoudian, 'n dorpe sowat 50 km suidwes van ofBeijing inChina, ontdek. Omdat min vondste aanvanklik gedoen is, is uitgrawings egter laat vaar.

Eers in 1921 is werk hervat, toe dieOostenrykse paleontoloog Otto Zdansky na Beijing gekom het om saam met Andersson te werk. Zdansky het net twee tande van belang gevind wat hy versigtig beskryf het as "?Homo sp." (Zdansky, 1927).

Die Zhoukoudian-terrein.

Nuus van die tande se ontdekking het wetenskaplikes in Beijing opgewonde gemaak en planne vir omvattender ondersoeke is gou opgestel. Aan die spits van die nuwe vlaag was Davidson Black, 'nKanadees gebore anatoom wat in Beijing gewerk het. Black het Andersson se belangstelling gedeel, asook sy mening dat Sentraal-Asië 'n belowende plek was omvroeë mense te vind.

DieSweedse paleontoloogAnders Birger Bohlin het in 1927 'n tand soortgelyk aan die voriges as onmiskenbaar dié van 'n mens geïdentifiseer en ditSinanthropus pekinensis genoem.[8] Die nuus is eers met skeptisisme begroet, en baie geleerdes het hulle bedenkinge daaroor gehad dat 'n enkele tand belangrik genoeg was dat 'n nuwe soort vroeëhominien daarna genoem word. Net minder as twee jaar later, in die winter van 1929, het Pei Wenzhong by Zhoukoudian die eerste volledige skedeldak van diePekingmens ontdek. Meer as 20 jaar ná Schlosser se aanvanklike beskrywing was die teenwoordigheid van vroeë mense in Oos-Asië nie meer 'n bespiegeling nie, maar 'n werklikheid.

Afrika

[wysig |wysig bron]
Die skedel vanAustralopithecus africanus.

1920's-1940's

[wysig |wysig bron]

Die eerste paleoantropologiese vonds inAfrika was die ontdekking in 1921 van dieKabwe 1-skedel by Kabwe (Broken Hill),Zambië. Dié spesie is aanvanklikHomo rhodesiensis genoem, maar word vandag beskou as deel van die spesieHomo heidelbergensis.[9]

In 1924 het professorRaymond Dart in 'n kalksteengroep byTaung 'n merkwaardig goed bewaarde spesimen (van 'n jong gesig en die binnekant van 'n skedel) ontdek, wat hyAustralopithecus africanus genoem het (Australopithecus beteken "suidelike aap"). Hoewel die brein klein was (410 cm³), was die vorm daarvan gerond, anders as dié van sjimpansees en gorillas, en meer soos dié van mense. Daarbenewens het die spesimen kort snytande gehad en die agtertoe-posisie van die foramen magnum (opening aan die onderkant van die skedel) het daarop gedui dat dit tweevoetig was.

Al dié eienskappe het Dart oorreed dat dieTaung-kind 'n tweevoetige menslike voorsaat was, 'n oorgang tussen aap en mens. Dart se gevolgtrekking is egter dekades lank geïgnoreer, want in dié tyd is geglo 'n grootbrein het voor tweevoetigheid ontwikkel. Die ontdekking van nog fossiele in Afrika was nodig wat soos dié spesimen lyk.

In die 1930's het die paleontoloogRobert Broom 'n nuwe spesie byKromdraai,Suid-Afrika, ontdek en beskryf. Hoewel dit in sommige opsigte soos Dart seAustralopithecus africanus gelyk het, het Broom se spesimen veel groter kiestande gehad. Vanweë dié verskil het Broom sy spesimenParanthropus robustus genoem, met 'n nuwe genusnaam. Daarmee het hy die praktyk gevestig om slanke Australopithecus-lede in die genusAustralopithecus te plaas en robuuste Australopithecus-lede in die genusParanthropus. In die 1960's is die robuuste soort naAustralopithecus geskuif. 'n Meer onlangse konsensus is om die oorspronklike klassifikasie vanParanthropus as 'n aparte genus te gebruik.[10]

1950's-1990's

[wysig |wysig bron]

In die tweede helfte van die 20ste eeu is aansienlik meer paleoantropologiese vondste in Afrika gedoen. Baie van die vondste is verbind met die werk van die Leakey-gesin inOos-Afrika. In 1959 hetMary Leakey se ontdekking van fossiel OH 5 by Olduvai Gorge,Tanzanië, gelei tot die identifikasie van 'n nuwe spesie,Paranthropus boisei.[11] In 1960 het die Leakeys fossiel OH 7 ontdek, ook by Olduvai Gorge, en dit 'n nuwe spesienaam,Homo habilis, gegee.

In 1972 het Bernard Ngeneo, wat vir Richard Leakey gewerk het, die fossiel KNM-ER 1470 naby die Turkanameer inKenia ontdek. KNM-ER 1470 word beskou as óf 'n aparte spesie,Homo rudolfensis, óf bewys vanseksuele dimorfisme inHomo habilis.[10] In 1967 het Richard Leakey die vroegste definitiewe voorbeelde van anatomies moderne mense gerapporteer, wat ontdek is by Omo Kibish,Ethiopië. Dit is bekend as dieOmo-oorblyfsels.[12]

In die laat 1970's het Mary Leakey die beroemdeLaetoli-voetafdrukke in Tanzanië uitgegrawe wat wys hoe oud tweevoetigheid in die menslike lyn is.[10]

’n Rekonstruksie van die gesig vanA. afarensis.
A. sediba.

Verskeie ander belangrike vondste is in Oos-Afrika gedoen. Die beroemdste daarvan is waarskynlik dieLucyskelet, wat in 1973 ontdek is deur Donald Johanson en Maurice Taieb in Ethiopië seAfardriehoek. Op grond van dié skelet en daaropvolgende ontdekkings is 'n nuwe spesie,Australopithecus afarensis, geskep.[10] In 1975 het Colin Groves en Vratislav Mazák 'n nuwe spesie mense aangekondig wat hulleHomo ergaster genoem het.Homo ergaster-spesimens is op verskeie terreine is Oos- enSuider-Afrika ontdek.[10] In 1994 het Tim D. White nog 'n nuwe spesie,Ardipithecus ramidus, aangekondig gegrond op fossiele uit Ethiopië.[13]

In 1999 is twee nuwe spesies bekend gemaak: Berhane Asfaw en Tim D. White seAustralopithecus garhi, gegrond op spesimens wat in Ethiopië seAwashvallei ontdek is; en Meave Leakey seKenyanthropus platyops, gegrond op skedeldak KNM-WT 40000 uit die Turkanameer.[10]

21ste eeu

[wysig |wysig bron]

In die 21ste eeu is nog talle fossiele ontdek wat die kennis oor vroeë spesies vergroot het. In 2001 het Zeresenay Alemseged byvoorbeeld 'nAustralopithecus afarensis-kindfossiel, Selam, in die Afarstreek in Ethiopië ontdek. Dit is 'n besonder belangrike vonds, want dit sluit 'n bewaardetongbeen in, iets wat uiters selde in ander paleoantropologiese fossiele voorkom, maar belangrik is om die evolusie van spraakvermoëns te begryp.[9][10]

Twee nuwe spesies uit Suider-Afrika is in onlangse jare ontdek en beskryf. In 2008 het 'n span onder Lee Berger 'n nuwe spesie,Australopithecus sediba, aangekondig op grond van fossiele wat hulle in die Malapagrot in Suid-Afrika ontdek het.[10] In 2015 het 'n span, ook onder Lee Berger, nog 'n spesies,Homo naledi, bekend gemaak op grond van die fossiele van 15 individue wat in die Rising Star-grotte vanSwartkrans in Suid-Afrika ontdek is.[14]

Ook in Oos-Afrika is nuwe spesies ontdek. In 2000 het Brigitte Senut en Martin Pickford die spesieOrrorin tugenensis beskryf op grond van fossiele wat hulle in Kenia ontdek het. In 2004 het Yohannes Haile-Selassie aangekondig 'n spesie wat voorheenArdipithecus ramidus genoem is, is 'n voorbeeld van 'n ander spesie,Ardipithecus kadabba.[10]

Hoewel die meeste hominienfossiele in Afrika in Oos- en Suider-Afrika ontdek word, is daar 'n paar uitsonderings soosSahelanthropus tchadensis, wat in 2002 inTsjad ontdek is. Dit is ook belangrik, want dit vergroot die geografiese omvang van vroeë mense.[10]

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "paleoanthropology". Oxford University Press. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 14 Junie 2016. Besoek op1 Oktober 2015.
  2. "paleoanthropology". Dictionary com LLC. Besoek op1 Oktober 2015.
  3. "Hominoid taxonomies August 1, 2001 Science Week". University of California Los Angeles. Besoek op2 Oktober 2015.
  4. "Paleoanthropology Hominid Family History". Communication Studies, University of California, Los Angeles. Besoek op2 Oktober 2015.
  5. "Fossil Hominids The Evidence for Human Evolution". Jim Foley. Besoek op2 Oktober 2015.
  6. 6,06,1
  7. Kerry Bright, sponsored by the National Science Foundation at the University of Montana."Human Evolution: Background Information".Evolution Education website, evoled.org. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 26 Desember 2003.
  8. 9,09,1
  9. 10,0010,0110,0210,0310,0410,0510,0610,0710,0810,09
  10. Leakey, L. S. B. (Augustus 1959)."A New Fossil Skull From Olduvai".Nature (in Engels).184 (4685): 491–493.Bibcode:1959Natur.184..491L.doi:10.1038/184491a0.ISSN 1476-4687.S2CID 4217460.
  11. Leakey, R. E. F. (Junie 1969)."Early Homo sapiens Remains from the Omo River Region of South-west Ethiopia: Faunal Remains from the Omo Valley".Nature (in Engels).222 (5199): 1132–1133.Bibcode:1969Natur.222.1132L.doi:10.1038/2221132a0.ISSN 1476-4687.PMID 5788977.S2CID 4186101.
  12. White, Tim D.; Suwa, Gen; Asfaw, Berhane (22 September 1994)."Australopithecus ramidus, a new species of early hominid from Aramis, Ethiopia".Nature (in Engels).371 (6495): 306–312.Bibcode:1994Natur.371..306W.doi:10.1038/371306a0.ISSN 0028-0836.PMID 8090200.S2CID 4347140.
  13. Berger, Lee (2015)."Homo naledi, a new species of the genus Homo from the Dinaledi Chamber, South Africa".eLife.4.doi:10.7554/eLife.09560.001.

Nog leesstof

[wysig |wysig bron]
  • David R. Begun,A Companion to Paleoanthropology, Malden, Wiley-Blackwell, 2013.
  • Winfried Henke, Ian Tattersall (reds.),Handbook of Paleoanthropology, Dordrecht, Springer, 2007.

Skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Paleoantropologie&oldid=2716864"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp