Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Palauaans

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Palauaans
a tekoi er a Belau
Gepraat in:Vlag van Palau Palau
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Gebied:Karoline-eilande
Totale sprekers:18 140[1]
Taalfamilie:Austronesies
 Maleis-Polinesies
  Kern-Maleis-Polinesies
   Soenda-Sulawesi
    Palauaans 
Skrifstelsel:Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Vlag van Palau Palau
Gereguleer deur:geen
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:pau
ISO 639-3:pau 
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.

Palauaans (a tekoi er a Belau) is 'nMaleis-Polinesiese taal wat saam metEngels dieamptelike tale van dieeilandnasiePalau vorm. Die teks van Palau sevolkslied,Belau rekid, is in Palauaans.

Verspreiding van Palauaans in die Verenigde State

Hoewel dieKaroline-eilande totMikronesië behoort, is Palauaans nader verwant aan die tale van dieFilippyne,Indonesië enMaleisië. Taalkundiges klassifiseer Palauaans as 'nAustronesiese taal wat net een van twee inheemse tale van Mikronesië is, wat nie tot dieOseaniese tak van dié taalfamilie behoort nie, die ander isChamorro. Die meeste taalkundiges stem ooreen dat Palauaans en Chamorro tot die Soenda-Sulawesi-taalgroep behoort en daarmee verwant is aan tale soosBalinees,Bandjarees,Indonesies/Maleis,Javaans,Madoerees,Minangkabau enSoendanees. Dit is ietwat minder verwant aanFilippynse tale soosCebuano enTagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis metMalgassies inMadagaskar.

Palauaans het 18 140moedertaalsprekers, waarvan die meeste op Palau, gevolg deur die tweeeilandgebiede van dieVerenigde State,Guam en dieNoordelike Mariana-eilande. Daarbenewens word Palauaans deur emigrante in dieVerenigde State gepraat, veral in diedeelstaatHawaii en ander deelstate langs die weskus.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Palauan" (in Engels).Ethnologue.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019. Besoek op31 Augustus 2018.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
 Hierdie artikel oor 'ntaal, taalgroep oftaalfamilie is slegs 'nsaadjie. Jy kan help deurdit uit te brei.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Palauaans&oldid=2212150"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp