DieFranse termpair het sy etimologiese oorsprong in dieLatynsepar ("gelyk") enpares ("die gelykes") en het in die tydperk van diefeodalisme na die vasalle of leenmanne van 'n leenheer verwys wat in die destydse sosiale hiërargie dieselfde status geniet het. Hierdie gelyke status het aan hulle ook die reg verleen om namens hulle leenheer te beraadslaag en as 'n geregshof vir hulle kollegas te fungeer.
Danksy dieridderlike etos van die12de eeu is diepairie tot die ideaal van 'n nasionale hooggeregshof van Frankryk verhef wat onder voorsitterskap van die koning vergader en as 'n soort laaste instansie ten opsigte van morele kwessies opgetree het.
Diepairie is onder meer beïnvloed deur die twaalf apostels van die Christelike Nuwe Testament en het die destydse digters geïnspireer om hul literêre werke oor die twaalf pairs vanKarel die Grote of die legendariese Britanniese koning Artus te skep.
In die13de eeuse Frankryk het diepairie 'n amptelike feodale geregshof geword wat ook deur ridders as hulle morele oppergesag erken is. Diepairie is saamgestel uit ses wêreldlike vorste - die hertoë vanNormandië,Akwitanië en Boergondië, die grawe van Vlaandere, Champagne enToulouse - en ses biskoppe as geestelike lede.
As gevolg van die ontwikkeling van die Paryse parlement en die inlywing van talle ou feodale gebiede by die sentralistiese Franse Kroon was diepairie eerder 'n seremoniële instelling, soos uit sy rol by die Franse kroningsplegtighede geblyk het.
InEngeland het die hoërhuis van die parlement, die huidigeHouse of Lords, volgens die Franse voorbeeld ook as "Huis van die Pairs" bekend gestaan.