PDF (Engels:Portable Document Format) is 'n lêerformaat vir die stoor van dokumente oprekenaars. Die formaat is in 1993 deurAdobe geskep om dit makliker te maak om dokumente te versprei en te deel. PDF word dikwels gebruik om dokumente voor te berei voor dit gedruk word. Die dokumente kan gestileerde teks en beelde bevat.
Anders as ander formate word dokumente gestoor sodat die inhoud nie die manier hoe dit op verskillende skerms, rekenaars en drukkers vertoon word beïnvloed nie.
PDF is ook 'n oop-standaard wat amptelik op 1 Julie 2008 deur dieInternasionale Standaardeorganisasie (ISO) gepubliseer is.
PDF-leser sagteware word benodig om PDF-dokumente te lees. Voorbeelde van sulke lesers isAdobe Acrobat,Adobe Reader enFoxit-leser.
 | Wikimedia Commons bevat media in verband metPDF. |