Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Oxalidaceae

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Oxalidaceae
Averrhoa bilimbi
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Oxalidaceae

Genera

Sien teks.

Oxalidaceae is 'nfamilie wat tot dieordeMalpighiales hoort. Die meeste lede van hierdie familie, wat met sy meer as 900spesies die grootste van die orde is, is kruidagtig, maar 'n paar houtagtige soorte kom ook voor. Die grootstegenus isOxalis (surings), waarvan die meeste soorte inSuid-Afrika enSuid-Amerika voorkom. Die naam suring kom van die suur smaak van die blare en die stingels, wat soms geëet word. Ook die bolle van ʼn paar suringsoorte word veral in Noordwes-Kaapland as voedsel uitgehaal.

Die blare van baie soorte vertoon slaapbewegings deurdat die blare slap hang in die aand. 'n Paar waterliewende suringsoorte is bekend:Oxalis disticha groei byvoorbeeld in die winterreënvalstreek in waterpoele wat in die somer opdroog. Verreweg die meesteOxalis-spesies in Suid-Afrika groei in dieWes-Kaap. Die drieledige blaar vanOxalis is steeds die wapen van dieIerse Republiek.

TweeAverrhoa-spesies,Averrhoa bilimbi enAverrhoa carambola, word in baie tropiese wêrelddele aangeplant vanweë hul eetbare vrugte. Die genus is vernoem na ʼn Arabiese geneesheer-filosoof, Averroës.

Genera

[wysig |wysig bron]

Daar is vyf genera wat tot die familie hoort:[1]

  • AverrhoaL.
  • BiophytumDC.
  • DapaniaKorth.
  • OxalisL.
  • SarcothecaBlume

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. http://plantsoftheworldonline.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:77126611-1

Bron

[wysig |wysig bron]
Taksondatabasisse
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Oxalidaceae&oldid=2637866"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp