Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Ousteniet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ousteniet
 
FormuleFeCx  
Kleurgrys metaal 
Glansmetalliek 
Hardheid201 (HB) 
Digtheid7,85 g/cm3[1] 
Kristallografie 
RuimtegroepFm3
Strukturbericht-kodeA1 
Eenheidselao=0.35519+8.1593×10-6T+1.7341×10-3[C] nm; (T in Kelvin; [C] in mass% tot 3,35%)[2]
*Lys van minerale
PortaalGeologie

Ousteniet word hier op aarde net inmeteoriete aangetref, soos dié wat in Bohumilice in Tsjeggië gevind is[3] en nie as aardse mineraal nie. Maar hierdie naam word in diemetallurgie algemeen gebruik vir die hoëtemperatuur γ-fase van yster wat deur oplossing van koolstof gestabiliseer kan word. Die rede hiervoor is dat in die oustenietfase daar meer plek is vir interstisiële koolstofatome as in die laetemperatuur α-Fe-fase wat ferriet genoem word. Wanneer ousteniet vinnig afgekoel word verhinder die koolstofatome soms die terugtransformasie na ferriet en word 'n metastabiele tetragonale struktuur gevorm wat martensiet genoem word. Hierdie eienskappe is baie belangrik vir die metallurgie omdat dit die basis is van die vervaardiging van staal. Die gevormde martensiet is baie sterk en hard, maar ook bros. Dit kan verander word deur die staal te temper teen hoër temperature.[4]

Die Fe-C-fasediagram met die bestaansgebied van ousteniet in geel; smelt in groen

Ousteniet is 'n metaalagtige nie-magnetiese vastestofoplossing vanyster en 'n legeringselement. In gewone koolstaal bestaan ousteniet bo die kritieseeutektiese temperatuur van 1000 K (ongeveer 727  °C); ander legerings vanstaal het verskillende eutektiese temperature. Dié fase van yster is vernoem na SirWilliam Chandler Roberts-Austen (1843–1902).

Gedrag in gewone koolstaal

[wysig |wysig bron]

Soos ousteniet afkoel skakel dit om na 'n mengsel vanferriet ensementiet soos die opgeloste koolstof uit die oplossing neerslaan. Afhangende van die legering se samestelling en verkoelingstempo kanperliet ook vorm. As die verkoelingstempo baie vinnig is, kan die legering ’n verwringing van die kristalraamwerk ervaar wat bekend staan asmartensitiese transformasie, in plaas daarvan om na 'n mengsel om te skakel. Tydens hierdie verskynsel, wat baie belangrik is in die staalnywerheid, word die koolstof nie toegelaat om uit die vlakgesentreerde kubiese struktuur van ousteniet uit te sak nie en veroorsaak dit spanning in die kristalraamwerk as die legering afkoel. Die resultaat is hardemartensiet. Die verkoelingstempo bepaal die relatiewe hoeveelhede van die materiale en daarom ook die meganiese eienskappe (sooshardheid entreksterkte) van die staal. Die blus van staal (om martensitiese transformasie te bewerkstellig) gevolg deurtempering sal van die bros martensiet omskakel nabainiet. As 'n laagverhardbare staal geblus word sal 'n beduidende hoeveelheid ousteniet in diemikrostruktuur vasgevang word.

Stabilisering

[wysig |wysig bron]

Die byvoeging van sekere legeringselemente, soosmangaan ennikkel kan die oustenitiese struktuur stabiliseer wat die hittebehandeling van lae-legeringstaal fasiliteer. In die uiterste geval van oustenitiesevlekvrye staal met sy baie hoër legeringsinhoud is die struktuur stabiel selfs by kamertemperatuur. Aan die ander kant sal elemente soossilikon,molibdeen enchroom neig om ousteniet te destabiliseer en die eutektiese temperatuur verhoog.

Oustenitiese transformasie en die Curie-punt

[wysig |wysig bron]

In baie magnetiese legerings sal dieCurie-punt, die temperatuur waar magnetiese materiale se magnetiese gedrag gestaak word, voorkom by bykans dieselfde temperatuur as die oustenitiese transformasie. Hierdie gedrag word toegeskryf aan dieparamagnetiese aard van ousteniet, terwyl beide martensiet en ferriet sterkferromagnetiese eienskappe openbaar.

Termo-optiese uitstraling

[wysig |wysig bron]

'n Ystersmid veroorsaak faseveranderinge in die yster-koolstofstelsel ten einde die materiaal se magnetiese eienskappe te beheer en gebruik dikwels die uitgloei-, blus- en temperprosesse. In hierdie verband speel die lig wat uitgestraal word deur die werkstuk 'n belangrike rol in die skatting van die temperatuur daarvan met die oorgang van rooi tot oranje wat ooreenstem met die vorming van ousteniet in medium- en hoëkoolstaal.

Die maksimum koolstofoplosbaarheid in ousteniet is 2.03% C teen 1420 K (1147 °C).

Kyk ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Austenitic Stainless Steel – Density – Strength – Hardness – Melting Point". nuclear power.net.
  2. Ichiro SEKI, Kazuhiro NAGATA (2005). "Lattice Constant of Iron and Austenite Including Its Supersaturation Phase of Carbon".ISIJ International.45 (12): 1789–1794.doi:10.2355/isijinternational.45.1789.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. "Austenite". mindat.
  4. "Ferrite, Austenite, Martensite and Solid Solutions". Hobart.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
  • "Physical Metallurgy Principles". Reed-Hill, Robert. 3de Uitgawe. PWS Publishing. Boston. 1991.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Ousteniet&oldid=2613200"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp