Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Ottawa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Ottawa

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Kanada Kanada
 ProvinsieOntario
 Koördinate45°25′N75°42′W / 45.417°N 75.700°W /45.417; -75.700
 Stigting1826 (Bytown)
 Inkorporasie1855 (Ottawa)
 Oppervlakte: 
 - Totaal2 790,31vk km
 Hoogte bo seevlak70 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2021)1 017 449
 - Bevolkingsdigtheid365/vk km
 - Metropolitaanse gebied1 488 307
 TydsoneUTC -5 (EST)
 -SomertydUTC -4 (EDT)
 BurgemeesterMark Sutcliffe
 Amptelike webwerfwww.ottawa.ca

Ottawa (Kanadese Engels: [ˈɒtəwə],luister(hulp·inligting);Kanadese Frans: [ɔtawɑ]) is in 1857 aangewys as die federalehoofstad vanKanada. Die stad is die vierde grootste in die land en lê in die Ottawavallei, aan die oewer van die Ottawarivier ofRivière des Outaouais, wat hier die grenslyn tussen die provinsiesOntario enQuebec vorm. In teenstelling met diehoofstede van lande soos dieVerenigde State enAustralië bestaan daar geen nasionale hoofstaddistrik nie; Ottawa is 'n munisipaliteit van die provinsie Ontario.

Die Parlementsheuwel in Ottawa

Ottawa het in 2021 'n bevolking van 1 017 449 en die metropolitaanse gebied het 1 488 307 inwoners (2021). Sowat 'n derde van die inwoners in die stad en die helfte van die metropolitaanse bevolking isFranssprekend, en Ottawa is – naasMontreal – een van min groot Kanadese stede wat as funksioneel tweetalig beskou kan word.

Bekende besienswaardighede is sy katedrale enparlementsgeboue op dieColline parlementaire (Parlementsheuwel). Belangrike nywerhede sluitwaterkragopwekking, saagmeulens,papier,meel,leer,vuurhoutjies, masjiene enyster in.

Geografie

[wysig |wysig bron]

Ottawa lê teen die suidelike oewer van dieRivière des Outaouais, by die monding van die Rideaukanaal, Rideaurivier en Gatineaurivier. Die oudste wyke van die stad,Lower Town, lê in die gebied tussen die Rideaukanaal en die Rideaurivier. Die finansiële en kommersiële sentrum van Ottawa isCentre Town aan die teenoorliggende oewer. Parlementsheuwel (Colline parlementaire ofParliament Hill), die setel van die Kanadese regering, lê tussen die stadsentrum en dieRivière des Outaouais.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Geskiedkundige geboue in Elgin-straat
Konfederasieplein met die Nasionale Oorlogsmonument

Die gebied van Ottawa was oorspronklik die tuisland van die Algonkin, een van se Kanada se Eerste Nasies. Die eerste Europese nedersetting het in 1800 ontstaan, toe Philemon Wright 'n nedersetting aan Québec se kant van die Outaouaisrivier gevestig het. Die rivier het 'n belangrike rol gespeel in die vervoer van houtstamme uit die Ottawavallei na Montreal.

In die tydperk ná dieOorlog van 1812 het die regering begin om die vestiging van immigrante in die gebied te bevorder, en naas Ierse Katolieke enProtestante was dit veral Franstalige Kanadese wat hulle in Ottawa kom vestig het. Hier het hulle veral by die Rideaukanaalprojek en in die houtbedryf 'n nuwe heenkome gevind.

Ná die voltooiing van die kanaal het die bevolking van die gebied vinnig gegroei. Die westelike kant van die kanaal met dieParlementsgebou het sedert hierdie tydsperk as dieUppertown bekend gestaan, terwyl die ooste dieLowertown gevorm het. Die laasgenoemde was aanvanklik 'n oorbevolkte krotbuurt, waar herhaalde epidemiese siektes sooscholera (in 1832) en maagkoors (in 1847) uitgebreek het.

Ottawa het tot dieNoord-Amerikaanse sentrum van die houtbedryf ontwikkel en langs die Outaouaisrivier uitgebrei. Ottawa het oorspronklik as Bytown bekend gestaan, maar met die inkorporasie van die stad in 1855 is die naam amptelik verander na Ottawa. Met die insluiting van 'n aantal plaaslike munisipaliteite in 2001 het Ottawa se bevolkingsyfer aansienlik toegeneem.

Ekonomie

[wysig |wysig bron]

Alhoewel Ottawa hoofsaaklik as administratiewe sentrum dien en die federale regering reeds in 1940 tot die grootste werkgewer ontwikkel het, is daar ook nywerhede wat voordeel trek uit diehidroëlektriese kragopwekking by die Chaudière-waterval van die Ottawavallei en in die Gatineauvallei. Die belangrikste goedere wat hier vervaardig word, is papier en papierprodukte, gedrukte materiaal, telekommunikasietoerusting en elektroniese goedere.

Met meer as vier miljoen besoekers jaarliks speeltoerisme ook 'n belangrike rol in die plaaslike ekonomie.

Besienswaardighede

[wysig |wysig bron]
Ysmuseum tydens dieWinterlude-fees
  • Kanadese Lugvaartmuseum (Canada Aviation Museum) – hier kan iedereen 'n kubervlieënier word in die vlugnabootser (Lancasterweg 2421).
  • Parlementsheuwel (Colline parlementaire/Parliament Hill) met dieParlementsgebou in dieNeogotiese styl is 'n bekende baken van die "Capitale nationale". Die geboue met hulle kenmerkende groen koperdakke is teen die middel van die 19de eeu opgerig. DieVredestoring (Peace Tower) van die sentrale hoofgebou dien met sy hoogte van 92 meter as 'n uitstekende uitkykpunt.
  • Rideau Canal is die wêreld se grootste ysskaatsbaan (Smiths Falls, Beckwithstraat-Suid 34 a). Diekanaal, wat in 1832 gebou is, is sowat 200 kilometer lank en dien oorspronklik as militêre en vervoerverbinding wat tot by Kingston aan dieOntariomeer strek. Vandag is dit 'n vermaaklikheidsterrein wat tydens die somer oop is virkanoes, sport- enseilbote.
  • DieBytown Museum lê digby die kanaal en behandel die geskiedenis van die stad en die kanaalbou.
  • DieChâteau Laurier (kasteel) aan die oostekant van die Rideaukanaal is in 1912 deur die spoorwegmaatskappyCanadian Pacific Railroad gebou. Die luukse hotel is in die boustyl van 'n Fransekasteel ontwerp en bekoor met sytorings en groen koperdakke.
  • BeeldeparkHumanics
  • Die hefbrugPretoriabrug

Inkopies

[wysig |wysig bron]
  • ByWard Market dien al vir 'n halfeeu as die tradisionele boeremark van Ottawa. In sy omgewing lok 'n groot aantal klein kroeë, boetieke en galerye besoekers (oos van Rideaukanaal en Parliament Hill)
  • Rideau Centre versamel meer as 180 groot name uit die handelswêreld (Rideaustraat 50)

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metOttawa.


Vlag van KanadaHoofstede vanKanadaWapen van Kanada
HoofstedeCharlottetownEdmontonFrederictonHalifaxIqaluitOttawaQuebecstadReginaSt. John'sTorontoVictoriaWhitehorseWinnipegYellowknife
Hoofstede vanonafhanklike lande
Hoofstede vanafhanklike gebiede
Hoofstede van
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Ottawa&oldid=2767090"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp