Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Osroene

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Osroene as ’n afhanklike staat van dieRomeinse Ryk sedert 31 v.C.
Die Romeinse provinsie Osroene se ligging in die Romeinse Ryk.

Osroene (ook gespelOsroëne;Grieks: Ὀσροηνή;Siries:Malkūṯā d-Bayt ʿŌrhai), soms ook bekend onder die naam van sy hoofstad,Edessa (vandag Şanlıurfa inTurkye), was ’n koninkryk in Bo-Mesopotamië[1] wat tussen 132 v.C. en244 n.C. semi-onafhanklik of heeltemal onafhanklik was.[2][3]

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

DieSiriessprekende koninkryk[4] het in 136 v.C. sy onafhanklikheid gekry van die verbrokkelendeSeleukidiese Ryk deur ’n dinastie van die nomadieseNabatese stam Orrhoei. Die meeste konings van Osroene isAbgar ofManu genoem.[5] Dit is al hoe meer beïnvloed deur dieAssiriese kultuur en was die middelpunt van ’n nasionale weerstand teenHellenisme.

Die gebied van die koninkryk, aan die bolope van dieEufraat, het die tradisionele oorlogsgebied geword van die lande watKlein-Asië,Persië,Sirië enArmenië regeer het. Met die ontbinding van die Seleukidiese Ryk is dit verdeel tussen dieRomeinse Ryk enPartië. Na die val van die Romeinse Ryk in395 het dit deel van dieBisantynse Ryk geword. Teen die 5de eeu was Edessa die hoofkwartier van Siriese letterkunde en geleerdheid, asook belangrik vir die verspreiding van dieChristendom in Mesopotamië, Persië en Armenië.[6]

In 638 is dit deur dieMoslems verower. Pogings deur die Bisantynse Ryk om dit te herower het telkens misluk.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. The Encyclopedia of Military History: From 3500 B.C. to the Present, deel 25. Richard Ernest Dupuy, Trevor Nevitt Dupuy. Harper & Row, 1970. Bl. 115.
  2. Alexander Roberts & James Donaldson (eds.),The Writings of the Fathers Down to AD 325: Ante-Nicene Fathers vol. 8 (Peabody, Massachusetts: Hendrickson Publishers, 1994), 657-672.[1]Geargiveer 27 Februarie 2008 opWayback Machine
  3. Adrian Fortescue,The Lesser Eastern Churches, bl. 22. Catholic Truth Society, 1913. Oorspronklik van die Universiteit van Michigan.[2][dooie skakel]
  4. "The Ancient Name of Edessa," Amir Harrak,Journal of Near Eastern Studies, Vol. 51, No. 3 (Julie 1992): 209-214[3]
  5. http://books.google.com/books?id=2_eAKmK7KkYC&pg=PA22&dq#v=onepage&q&f=false[dooie skakel]
  6. Encarta-encyclopedie Winkler Prins (1993-2002) s.v.Edessa [geschiedenis]
The Roman Empire at its greatest extent, at the death of Trajan (117 AD)
Italia is nooit as 'n provinsie geskep nie, maar het eerder 'n spesiale juridiese status behou tot en metDiocletianus se hervormings.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Osroene&oldid=2679118"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp