Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Osmium(VIII)oksied

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

NaamOsmium(VIII)oksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formuleOsO4
Molêre massa254,2 g/mol[1]
CAS-nommer20816-12-0[1]  
Voorkomsliggeel vastestof[1]  
Reukstekend[1]
Fasegedrag  
Selkonstantesa=937,9(4); b=451,5(2); c=863,0(3) pm; β= 116.58(4)° @17 °C[2]  
RuimtegroepC2/c 
Nommer15
Smeltpunt40 °C[1]
Kookpunt130 °C[1]
Digtheid5,11 [g/cm3][2]
Oplosbaarheid65 [g/L] @ 20°C[1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

FlitspuntNie-brandbaar 
LD50162 [mg/kg] (muis; oraal)[1]

Tensy anders vermeld is alle data virstandaardtemperatuur en -druk toestande.

 
PortaalChemie

Osmium(VIII)oksied ofosmiumtetroksied is 'noksied vanosmium in sy hoogste +8oksidasietoestand. Dit is 'n vlugtige vastestof. Die dampe is gevaarlik omdat dit die oë aantas en blindheid kan veroorsaak.

Kristalstruktuur

[wysig |wysig bron]

Die stof het 'n molekulêre struktuur mettetraëdriese molekules. Dit kristalliseer in 'n monokliniese struktuur. Die Os-O-afstande is 169,8 en 172,pm en die tetraëderhoeke wissel van 106,7 tot 110,7°[2]

Chemiese eienskappe

[wysig |wysig bron]

Die stof word maklik gevorm as die metaal osmium, veral in sy poeiervorm aan die lug se suurstof blootgestel word:

Os(s)+2O2OsO4(g){\displaystyle Os(s)+2O_{2}\rightarrow OsO_{4}(g)}

Dit wat osmium sy naam gegee het: die Griekse woord 'osmein' beteken 'stink'.

Gebruike

[wysig |wysig bron]
SBS blokkopolimeer wat metOsO4 gekleur is

Dit is 'n sterk oksideermiddel wat met baie organiese stowwe reageer en osmiumverbindings met laer oksidasietoestande agterlaat. Hierdie eienskap is belangrik vir dieelektronmikroskopie omdat die stof as kleurings- (of kontras-)middel gebruik word. Deurdat osmium 'n sware metaal met heelpary elektrone is sorg die gereduseerde neerslae vir 'n goeie kontras met dele van die monster waar dié neerslag ontbreek. In die mikroskopie van blokkopolimere soos ABS kan die verskil tussen die lamelle van die een blok en die ander sigbaar gemaak word.[3]

Die kleuring is dikwels selektief. Sommige stowwe word deur osmiumtetroksied glad nie aangetas nie.Rutenium(VIII)oksied is 'n alternatief wat minder kieskeurig en nog aggressiewer is.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,21,31,41,51,61,7"MSDS"(PDF). Carl Roth. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 1 November 2023. Besoek op1 November 2023.
  2. 2,02,12,2Krebs, B. and Hasse, K.-.-D. (1976). "Refinements of the crystal structures of KTcO4, KReO4 and OsO4. The bond lengths in tetrahedral oxoanions and oxides of d0 transition metals".Acta Cryst. B.32: 1334–1337.doi:10.1107/S056774087600530X.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. Lech Staniewicz, Athene M Donald, Debbie J Stokes (2010)."The effect of osmium staining on lamellar spacing in thin polystyrene polyisoprene diblock copolymer films".Journal of Physics: Conference Series.241: 012077.doi:10.1088/1742-6596/241/1/012077.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Osmium(VIII)oksied&oldid=2730000"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp