DieOslofjord (Noors:Oslofjorden) is 'nfjord inSuid-Noorweë wat ondanks sy benaming in geologiese opsig eerder as 'n slenk beskou moet word wat vanaf die kontinentale plaat vanAfrika oor dieMiddellandse See en die Rhônevallei tot by die Bo-Rynslenk loop en van hier verder noordwaarts oor die Oslofjord tot by die Mjøsameer strek.
Die fjord strek oor 'n lengte van sowat 100 kilometer in suid-noordelike rigting en verskaf seetoegang aan die Noorse hoofstadOslo wat aan sy noordelike ent geleë is. Naby Langesund in die suide gaan die Oslofjord oor na dieSkagerrak.
Die fjord se omgewing met sy talle natuurlike hawens en sytakke was reeds in die Ystertydperk 'n geskikte gebied vir die stigting van menslike nedersettings. Die vroegste spore van menslike gemeenskappe dateer selfs uit die Jongsteentydperk. Tydens die oorgang van dieWiking-tydperk na die vroeë Middeleeue omstreeks 1000 het die handelsposte en klein groepe van plase tot stedelike nedersettings begin ontwikkel. Sarpsborg in die ooste en Tønsberg aan die wesoewer is die oudste stede in die gebied.
Aangesien die seevlak in hierdie periode as gevolg van die postglasiale Skandinawiese landopheffing sowat vier meter hoër as vandag was, lê 'n groot aantal van hierdie plekke tans enkele kilometer van die Oslofjord se huidige oewer af. Ander stede soos Oslo en Tønsberg is om militêr-strategiese of kommersiële redes eers in hierdie tydperk gestig.
Die Oslofjord, soos gesien vanuit die bergspits Ekeberg in die gelyknamige Oslose voorstad
Die Oslofjord en die landskap aan sy weerskante het tydens die Middeleeue asVik(in) ofFold(in) bekend gestaan; die benamingFold het in die name van diefylkes (provinsies)Østfold enVestfold bewaar gebly.
Die gebied verteenwoordig vandag die demografiese swaartepunt van Noorweë (en die snelste groeiende stedelike gebied in Skandinawië) - sowat veertig persent van die Noorse bevolking woon sowat een uur per motor van die Oslofjord af, en ook veertig persent van alle Noorse werkgeleenthede is hier gekonsentreer. Die Oslofjord vorm sodoende 'n beduidende waterweg vir 'n groot aantal vrag- en passasierskepe, maar is daarnaas ook 'n gewilde ontspanningsgebied vir baaiers en watersportgeesdriftiges.
Die E6-snelweg, wat vanuit die Suid-Sweedse stadMalmö tot by Oslo loop en met sy grotendeels vier lane in Noorweë tot 'n tolpad uitgebou is, is die beduidendste grootpad in die gebied. Daarnaas is tussen Drøbak en Storsand ook 'n padtonnel onder die Oslofjord gebou. Die veerbootBastøfergen verbind daarnaas die stede Moss en Horten met mekaar.