Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Oryx

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Oryx
'nGemsbok in dieEtosha Nasionale Park
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Oryx

Spesies

Oryx beisaRüppell, 1835
Oryx dammahCretzschmar, 1827
Oryx gazella(Linnaeus, 1758)
Oryx leucoryxPallas, 1766

Gemsbokke (ook spitsbokke of spiesbokke genoem) is 'ngenus vanwildsbokke wat in die droë gebiede vanAfrika enArabië voorkom. Hulle is gehoefdesoogdiere wat vinnig kan hardloop en tot die subfamilie vanperdagtige wildsbokke (Hippotraginae) behoort.

Hierdie bokke vorm troppe van 8 tot 60 individue. Pasgebore kalwers kan minute na hul geboorte reeds saam met die trop hardloop. Hulle het 'n lewensduur van ongeveer 20 jaar. Van diespesies (soos die Arabiese gemsbok) is weens siektes en die jag daarvan bedreigd.

Gemsbokke isherbivore (hulle vreet plante). Hulle vreet gras, struike en wortels, en spandeer die meeste van hul tyd aan beweiding. Die bokke is almal herkouers; hulle sluk hul voedsel sonder om dit te kou. Ná 'n ruk sal hulle gedeeltes daarvan opbring en herkou, voordat hulle dit finaal insluk. Hulle is aangepas om in droë gebiede te oorleef en kan weke klaarkom sonder om water te drink, aangesien hulle baie van die water wat hulle benodig, kry van die plante wat hulle vreet.

Taksonomie

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Taksondatabasisse
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Oryx&oldid=2293856"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp