Dieortografie van 'ntaal spesifiseer die korrekte manier waarop 'n spesifiekeskryfstelsel gebruik word om die taal te skryf (waar meer as een skryfstelsel bestaan, soos in die geval vanKoerdies, kan daar meer as een ortografie wees).Ortografie is afgelei van dieGrieks ὀρθός,orthós ("korrek") enγράφεινgráphein ("om te skryf"). Ortografie is nie dieselfde astipografie nie.
Ortografie beskryf of definieer die stelsimbole (grafeme endiakritiese tekens) wat gebruik word en die reëls oor hoe om die simbole te skryf. Afhangende van die aard van die skryfstelsel kan die reëlsleestekens,spelwyse enhooflettergebruik insluit. Hoewel "ortografie" in die omgangstaal baie keer as sinoniem met spelwyse gebruik word is spelling slegs 'n onderdeel van ortografie.