Orchards | |
|---|---|
| Koördinate:26°09′07″S28°04′30″O / 26.15194°S 28.07500°O /-26.15194; 28.07500 | |
| Land | |
| Provinsie | Gauteng |
| Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
| Hoofplek | Johannesburg |
| Oppervlak | |
| • Totaal | 0,81 km2 (0,31 vk. myl) |
| Bevolking (2011)[1] | |
| • Totaal | 2 282 |
| • Digtheid | 2 817/km2 (7 300/vk. myl) |
| Rasverdeling(2011) | |
| • Wit mense | 54,7% |
| • Indiërs/Asiërs | 4,5% |
| • Bruin mense | 1,1% |
| • Swart mense | 37,7% |
| • Ander | 1,9% |
| Taal(2011) | |
| • Engels | 63,8% |
| • Zoeloe | 9,0% |
| • Tswana | 5,3% |
| • Noord-Sotho | 5,2% |
| • Ander | 16,7% |

Orchards is ’n kleinvoorstad in die noordooste van Johannesburg, noord vanNorwood, wes vanOrange Grove enSydenham, suid vanCheltondale enThe Gardens, en oos vanOaklands.
Orchards is ’n goed gevestigde voorstad met groot straatblokke, boomryke strate en groot, tydlose wonings, waarvan baie gerestoureer of onderverdeel in woonstelle is. DieNG gemeente Johannesburg-Noord, gestig in 1942, se kerkgebou is geleë by Orchardsweg 18. Dié gemeente staan sedert 2011 bekend as die NG gemeente Andrew Murray en isAfrikaans sowel asEngels. Die sangerGé Korsten se vader was die bouaannemer van die gebou en sy skoonvader, ds.Attie Burger het hom en sy bruid, Elna, op5 Januarie1952 in die kerk in die huwelik bevestig.
DieLaerskool Dirkie Uys is in 1928 in Orchards gestig en was tot 1995 die enigste Afrikaansmediumskool in die omgewing. In daardie jaar het dit oorgeskakel na 'n parallelmediummodel, maar in 2000 Engelsmedium geword toe die naam na Orchards Primary School verander is.