Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Orakel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Raadpleging van die Orakel, deur John William Waterhouse.

In die antieke tyd was ’norakel iemand wat voorspellings gedoen het onder leiding van die gode. Die woord is afgelei van dieLatynseōrāre ("om te praat") en verwys eintlik na die priester of priesteres wat die voorspellings gedoen het. In ’n breër sin kan dit ook verwys na die plek van die orakel of die voorspellings self.

Orakels is beskou as spreekbuise deur wie gode direk met mense gekommunikeer het. Hulle het verskil van sieners (manteis, μάντεις), wat tekens wat deur die gode gestuur is, geïnterpreteer het.[1]

Die belangrikste orakels vanAntieke Griekeland was Pythia, die priesteres vanApollo byDelphi, en die orakel vanDione enZeus byDodona. Ook inAntieke Egipte was orakels wat raad van die gode aan die Egiptenare oorgedra het. Hulle was veral tydens feesoptogte aktief.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Flower, Michael Attyah.The Seer in Ancient Greece. Berkeley: University of California Press, 2008.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Orakel&oldid=2642585"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp