a. 15 ander "nasionale tale" word deur die grondwet erken. b. Deur die grondwet gedefinieer as herstel. c. Centavo-munte word ook gebruik. d..tp word uitgefaseer.
Oos-Timor (Portugees:Timor-Leste,Tetoem:Timor-Lorosae), amptelik dieDemokratiese Republiek Oos-Timor[7] (Portugees:República Democrática de Timor-Leste,[8] Tetoem:Repúblika Demokrátika Timór-Leste[9]), is 'neilandstaat inSuidoos-Asië. Dié land is op die oostelike deel van die eilandTimor geleë en beslaan ook 'n kleineksklawe op die noordwestelike deel van dié eiland. Oos-Timor grens in die weste, noorde en ooste aan Indonesië, en word in die suidooste deur dieTimorsee vanAustralië geskei. Dit beslaan 'n oppervlakte van 14874 en het in 2024 'n bevolking van 1506909 gehad. Diehoofstad en grootste stad isDili. Oos-Timor het tweeamptelike tale: Portugees en Tetoem.[2]
Nasa-satellietbeeld van Oos-TimorKaart van Oos-Timor
Oos-Timor is in die 16de eeu deurPortugal gekoloniseer en dit het tot sy dekolonisasie bekend gestaan as Portugees-Timor. Op 28 November 1975 het Oos-Timor sy onafhanklikheid verklaar, maar dit is kort daarna deurIndonesië beset en verklaar tot dié land se 27ste provinsie. Op 20 Mei 2002 het Oos-Timor die eerste land geword, wat in die loop van die 21ste eeu onafhanklik geword het. Dit is net een van twee lande in Suidoos-Asië wat deur dieChristendom gekenmerk is, die ander isFilippyne. Daarbenewens is Oos-Timor die enigste onafhanklike land inAsië, waar Portugees 'n amptelike taal is, en saam metMacau een van twee Portugeestalige gebiede in Asië. In 2011 het Oos-Timor aansoek gedoen om by die streeksorganisasieASEAN aan te sluit en op 26 Oktober 2025 het dit die elfde lidland van dié organisasie geword.[10]
"Timor" is ontleen aantimur en beteken "oos" inMaleis, waarvolgens die toutologiese naam "Oos Oos" beteken. InIndonesies lei dit tot die naamTimor Timur wat na die voormalige Indonesiese provinsie verwys;Timor Leste verwys egter na die onafhanklike land). In Portugees is die landsnaam "Timor-Leste" (Leste beteken "oos"). InTetoem is ditTimór Lorosa'e ("Lorosa'e" kan letterlik vertaal word as "waar die son opkom").[11][12]
Die amptelike name in sygrondwet luiDemocratic Republic of Timor-Leste inEngels,[13][7]República Democrática de Timor-Leste in Portugees[8] enRepúblika Demokrátika Timór-Leste in Tetoem.[9]
InAfrikaans kan dit as 'ntoutologie beskou word om "Oos-Timor" te sê, aangesienTimor "oos" beteken.