DieOos-Siberiese See (Russies: Восто́чно-Сиби́рское мо́ре,Vostochno-Sibirskoye more) is 'nsee van dieArktiese Oseaan in Noord-Rusland tussen dieNieu-Siberiese Eilande in die weste,Wrangeleiland in die ooste en die vasteland vanSiberië in die suide. Die Oos-Siberiese See grens aan dieLaptefsee in die weste, die Arktiese Oseaan in die noorde en dieTsjoekotkasee in die ooste. Die see het 'n oppervlakte van sowat 936000km² en 'n gemiddelde diepte van 9–20m.[1]
Belangrikeriviere wat in die Oos-Siberiese See uitmond is dieIndigirka en dieKolima. Die see is feitlik die hele jaar gevries.