 | 9Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word, 10laat u koninkryk kom, laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde 11Gee ons vandag ons daaglikse brood, 12en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; 13en lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
|  |
|  | 9Só moet julle bid: Onse Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; 10laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. 11Gee ons vandag ons daaglikse brood; 12en vergeef ons ons oortredings, soos ons ook dié vergewe; wat teen ons oortree; 13en laat ons nie in die versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.
|  |
|  | 2En Hy sê vir hulle: "Wanneer julle bid, sê dan: Vader, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; 3gee ons elke dag ons daaglikse brood; 4en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat teen ons oortree; en laat ons nie in die versoeking kom nie.
|  |
|