Omuramba (meervoud:Omiramba) ook bekend asomaramba, is die term vir ou rivierbeddings wat in dieKalahari-woestyn vanAfrika voorkom, veral in die noordoostelike deel vanNamibië en die noordwestelike deel vanBotswana. Die woord is ontleen uit dieHerero-taal. 'n Omuramba bied af en toe staande waterpoele en meer vrugbaarheid as in die omliggende sandvlaktes. Sommige omiramba staan bekend as Eiseb,Rietfontein, Epukiro, en Omatako. Hulle begin meestal in die sentrale dele van Namibië en loop in die sentrale dele van Botswana in.
Die diepte en breedte van die beddens wissel, en sommige is 3 tot 4 km breed. Omiramba, wat ongeveer 16000 jaar gelede meerjarige riviere was, vloei nou net vir kort afstande, en eers na swaar reën. Veewagters hou daarvan om hul veeposte in of naby omiramba te maak, sodat hulle nie pomptoerusting hoef te gebruik nie om ondergrondse water, wat tot 300 m diep kan wees, te onttrek nie.
Histories is omiramba bekend vir gevegte wat langs hul kronkelende lope gevoer is, veral dieHerero-Duitse oorlog in 1904-1908, wat in 'nverskriklike volksmoord geëindig het toe byna 70 persent van die Herero-bevolking doodgemaak is. Baie ander Herero's moes voor die Duitsers vlug deur die omiramba, wat toe in die droë seisoen was en dus onherbergsaam. Die omiramba was ook die tuiste vanBoesmans in die pre-koloniale tyd.[verwysing benodig]
In ander dele van die wêreld staan hulle soms bekend as 'nwadi.