Volgensargeologiese bewyse word die gebied al die afgelope 14 000 jaar bewoon.Neolitiese gemeenskappe het hier bestaan deurvis te vang en tejag. Sowat 3 000 jaar gelede hetlandbou gevestig geraak. ’n Been van dieMan van Oest-Isjim, wat 45 000 jaar gelede geleef het, is in 2008 in Omsk-oblast ontdek.[2]
Die Russiese geskiedenis van Omsk het in 1584 begin met die aankoms van ’nKosakmag onderJermak wat die plaaslike heersers verslaan en nominale Russiese beheer oor die gebied gevestig het. Om verdere uitbreiding te verseker het dietsaarsFjodor I enBoris Godoenof gefortifiseerde nedersettings en militêre buiteposte in die suide van Siberië laat bou om die burgers teen aanvalle deurnomadiese stamme te beskerm en gesag oor die plaaslike bevolkings uit te oefen, veral oor die Tatare, wat heffings betaal het. Die eerste permanente Russiese nedesetting in die streek, die stadTara, is in 1594 gestig. Dit het gou ’n belangrike rol gespeel in die pelshandel wat Rusland metSentraal-Asië enChina verbind het.
In 1716 is ’n fort by die samevloei van dieOm- enIrtisjrivier laat bou en dit het die kern gevorm van die ontwikkeling van die toekomstige stad Omsk. Teen die tweede helfte van die 18de eeu was die fort die grootste gebou in die oostelike deel van Rusland.
Namate die Russiese nedersettings in die 18de eeu om dieJenisei,Tobol en Irtisjrivier begin versprei het, het die Omsk en die omliggende gebied ontwikkel. In 1764, toe die Siberiese provinsies van Rusland in twee goewernate georganiseer is, met die hoofstede inIrkoetsk enTobolsk, het die stad Tara en die fort van Omsk in laasgenoemde geval. In 1780 is die fort op bevel vanKatharina die Grote aan die Koliwan-oblast oorgedra.
In 1804 is die gebiede om Omsk in die Omsk-okroeg georganiseer. Die stad het belangrik geword toe Siberië in 1822 weer herorganiseer is en Omsk die administratiewe hoofstad van die Goewernaat van Oos-Siberië geword het. Dit het daarna verskeie naamsveranderings ondergaan voordat dit in 1918 die Omsk-goewernaat geword het.
In die 19de eeu het Omsk vanweë sy sterk stelsel van grensforte berug geword as die bestemming van politieke bannelinge en gevangenes uit dieEuropese deel van die Russiese Ryk.Desembriste,Poolse rebelle,Franse oorlogsgevangenes enpolitieke aktiviste het almal in Siberië beland. Een van hulle wasFjodor Dostojefski, wat vier jaar in die Omsk-tronk deurgebring het (van 1850 tot 1854).[3]
In die vroeë 19de eeu hetnywerheid in die stad en die res van die Irtisj-bekken vooruitgegaan. Die Siberiese Kosakleër se hoofkwartier was ná 1808 in Omsk en hulle het bygedra tot die ontwikkeling van die stad. In die 18de en 19de eeu het baieDuitsers na die gebied getrek, vanaf beide dieWolgastreke en oorsee.
In 1925 is die Omsk-goewernaat ontbind en die nuwe Siberiese Krai is gevorm. In 1934 is dit weer herorganiseer, dié keer as ’n oblast. Nog herorganisasies het daarna plaasgevind.
In die 1950's is diepetroleumbedryf gevestig en verskeie tegnologiese geriewe gebou, en dit het die ekonomie van die oblast vir die res van die eeu gedefinieer.
Met die vebrokkeling van dieSowjetunie het die oblast deel van die nuwe, onafhanklikeRussiese Federasie geword. Met die onafhanklikwording vanKasakstan het Omsk ’n internasionale grens in die suide gekry. Op 19 Mei 1996 het die oblast ’n magdelingsooreenkoms met die federale regering gesluit waarvolgens outonomie aan hulle toegeken is.[4] Die ooreenkoms is op 21 Desember 2001 afgeskaf.[5]
In 2010 het die oblast ’n bevolkingsyfer van 1 977 665 gehad.[1] Daarvan was 85,8%Russe, 4,1%Kasakke, 2,7%Oekraïners, 2,6% Duitsers en 2,2% Tatare. Ander groepe het almal minder as 1% van die bevolking uitgemaak.