Vorming • Azd-stam migrasie • Al-Julanda • Imamate gestig[2] • Nabhani-dinastie • Yaruba-dinastie • Huis van Al Said • Maskat en Oman • Dhofar-opstand • Sultanaat Oman • Huidige grondwet
Oman (Arabies: عمان,ʻumān, [ʕʊˈmaːn]), amptelik dieSultanaat Oman (سلطنة عُمان,Salṭanat ʻUmān), is 'n staat in dieMidde-Ooste enWes-Asië. Die land is langs die oostelike kus van dieArabiese Skiereiland geleë. Dit lê noordoos vanJemen, oos vanSaoedi-Arabië, suidoos van dieVerenigde Arabiese Emirate, suid vanIran en suidwes vanPakistan. Oman beslaan 'n oppervlakte van 309 500 km² en het 'n bevolking van 4 424 762 in 2016 gehad. Diehoofstad en grootste stad isMaskat. Dieamptelike taal is Arabies en van die belangrikste etniese groepe sluit inArabiere enBedoeïene. Oman beskik oor 'n groot aantal immigrante wat sowat 45% van die land se bevolking vorm.[8]
Oman is aan 'n strategies belangrike plek aan die monding van diePersiese Golf (hier "Arabiese Golf" genoem) in dieIndiese Oseaan geleë. Die kus is aan dieArabiese See in die suidooste en dieGolf van Oman in die noordooste geleë. Die Madha- en Musandam-eksklawes word deur dieVerenigde Arabiese Emirate langs die landgrens omring met dieStraat van Hormuz (gedeel met Iran) en die Golf van Oman wat Musandam se maritieme grense vorm.
Vanaf die 17de eeu was die Omanse sultanaat 'n magtige ryk en het metPortugal en dieVerenigde Koninkryk oor invloed in die Persiese Golf en die Indiese Oseaan gewedywer. Op sy hoogtepunt in die 19de eeu het die Omanse invloed oor die Straat van Hormuz tot die hedendaagse Iran en Pakistan gestrek en totZanzibar in die suide.[9] Toe sy mag in die 20ste eeu begin afneem, het die sultanaat onder die invloed van dieBritse Ryk gekom. Vir meer as 300 jaar was die verhoudinge tussen die twee ryke op wedersydse voordele gebaseer. Die Britte het Oman se geografiese belangrikheid as 'n handelspos wat hul handelsroete in die Arabiese Golf en Indiese Oseaan asook hul besit inBrits-Indië kon beskerm erken. In ruil hiervoor het die Britte Oman se interne eenheid versterk en die sultanaat teen eksterne bedreigings bygestaan.[10]Maskat was histories die vernaamste handelshawe van die Persiese Golf-strek. Maskat was ook onder die belangrikste handelsposte in die Indiese Oseaan.
Die voormaligesultanQaboos bin Said al Said was sedert 1970 die erflike leier van dieabsolute monargie. Sultan Qaboos was die langsheersende leier in die Midde-Ooste,[11] en die derde langsheersende monarg wêreldwyd by sy afsterwe in 2020.
Oman is 'n lidland van dieVerenigde Nasies,Beweging van Onverbonde Lande,Arabiese Liga,Organisasie van Islamitiese Samewerking,OPUL en die Samewerkingsraad van die Arabiese Golflande. Dit beskik oor aansienlikeruoliereserwes, die 25ste grootste wêreldwyd.[12][13] In 2010 het die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram Oman as die mees gevorderde nasie ter wêreld in terme van ontwikkeling gedurende die afgelope 40 jaar geranglys.[14] Van die belangrikste ekonomiese sektore sluit intoerisme en die handel met vis, data en verskeielandbouprodukte. Dit onderskei Oman van sy bure se grootliks olieafhanklike ekonomieë. Oman word beskou as 'n hoë-inkomste ekonomie en word volgens die wereldwye vredesindeks as die 70ste mees vredevolle land wereldwyd beskou.[15]
Krieket is een van die gewildste sportsoorte in Oman, veral te danke aan die uitgewekene bevolking uitSuid-Asiatiese lande. DieOmaanse nasionale krieketspan het in2016 vir dieT20I-wêreldbeker gekwalifiseer nadat hulle die sesde plek in 2015 se T20I-wêreldbekerkwalifisering gehaal het. Hulle het ookT20I-status verkry nadat hulle onder die boonste ses spanne in die kwalifisering geëindig het. Op 24 April 2019 het Oman vir die eerste keer tot in 2022EDI-status ontvang, nadat hulle die gasheerNamibië met vier paaltjies tydens die 2019 Wêreldkrieketliga se afdeling twee kon klop.[16]
In 2021 het Oman saam met die Verenigde Arabiese Emirate vir die eerste keer 'n belangrike kriekettoernooi – dieT20I-wêreldbeker – aangebied. Dit was die eerste vername kriekettoernooi wat geheel en al deurIKR-assosiaatlede gehuisves is.[17] Oman se nasionale krieketspan het ook aan dié toernooi deelgeneem, maar hulle is reeds in die eerste rondte uitgeskakel.[18] Tydens dieT20I-wêreldbeker 2024 is die span ná drie nederlae weer in die eerste rondte uitgeskakel.[19]
↑(en)Kharusi, N. S. (2012). "The ethnic label Zinjibari: Politics and language choice implications among Swahili speakers in Oman".Ethnicities.12 (3):335–353.doi:10.1177/1468796811432681.
↑"Global Peace Index: 2017"(PDF).visionofhumanity.org (in Engels). Global Peace Index en Instituut vir Ekonomie en Vrede. p. 11.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op13 Januarie 2020.