Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Om

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Om (luister(hulp·inligting), ookaum, inDevanagari geskryf as ॐ, inChinees as 唵 en inTibettaans as ༀ) is 'n mistiese en heilige lettergreep in die Indiese godsdienste, insluitendHindoeïsme,Djainisme enBoeddhisme. Dit is inSanskrit bekend asप्रणवpraṇava, "om hard uit te spreek", ofओंकारoṃkāra, "oṃ-lettergreep".

Dit word as 'n lang genasaliseerde geronde halfgeslote agterklinker (IFA:/oːⁿ/) uitgespreek en aan die begin van die meeste Hindoegeskrifte geplaas as 'n heilige uitroep. Dit word uitgespreek aan die begin en einde van die voorlees van dieVedas of voor enige gebed ofmantra. DieMandukya-Upanishad is geheel en al gewy aan die verduideliking van die lettergreep. Dit word beskou as bestaande uit driefoneme ,a,u enm, wat die drie beginsels van die skepping of die Hindoetriade dieTrimurti verteenwoordig.

Die naamomkara word beskou as 'n naam vanGod in die Hindoe-herlewingsbeweging Arya Samaj. Op soortgelyke wyse wordom, watonkar genoem word inPanjabi, inSikhisme aangetref as 'n simbool van God. Dit onderstreep byna altyd God sesingulariteit, uitgedruk asEk Onkar ("Een Omkara" of "Die Aum is Een"), wat daarop dui dat die veelvoudigheid van die bestaan gesimboliseer in dieaum-lettergreep in werklikheid in 'n enkelvoudige God gevind word.[1]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Wazir Singh,Aspects of Guru Nanak's philosophy (1969), p. 20: "the a, u, m of aum have also been explained as signifying the three principles of creation, sustenance and annihilation. ... Onkar in relation to existence implies plurality, ... but its substitute Ekonkar definitely implies singularity in spite of the seeming multiplicity of existence. ..."

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Om&oldid=2523119"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp