Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Oliver North

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Oliver North
Oliver North

North in Desember 2007

Bynaam(e)Ollie
Geboortedatum7 Oktober 1943
GeboorteplekSan Antonio,Texas
LojaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Diens/TakAmerikaanse Marinierskorps
Jare in diens1968–1990
RangLuitenant-kolonel
Eenheid1ste Bataljon 3de Mariene (Viëtnam)
3de Bataljon 8ste Mariene
2de Mariene Divisie
Poste bekleeMarine Corps Northern Training Area, Okinawa
Veldslae/oorloëViëtnamoorlog
ToekenningsSilwer ster medalje
Brons Ster medalje, "V"
Purple Heart-medalje (2)
Combat Action Ribbon
Presidensiële Dienskenteken
FamilieBetsy, huwelik in 1967, en vier kinders
Ander werkKorrespondent vir die Fox News Channel
Kandidaat vir die Verenigde State se senaat

Oliver Laurence North ofOllie North[1] is 'n afgetrede luitenant-kolonel van dieAmerikaanse Marinierskorps. Hy is ook 'n bekende TV-persoonlikheid, politieke kommentator, skrywer en was by die Iran-Contra-skandaal betrokke.

Vroeë lewe

[wysig |wysig bron]
Polisiefoto van North, geneem op die dag van sy arrestasie
Oliver North (middel)
North onderteken een van sy blitsverkopers

Oliver Laurence North is op7 Oktober1943 inSan Antonio,Texas gebore, maar word inPhilmont inNew York groot. Hy studeer aan die Staatsuniversiteit van New York by Brockport. In 1987 is hy met Betsy Stuart getroud.

North het 22 jaar in die Amerikaanse marinierskorps gedien, onder andere tydens dieViëtnamoorlog. In 1981 word hy lid van die staf van die Nasionale Veiligheidsraad van dieReagan-regering, hy koördineerder van 1983 tot 1986 die bestryding vanterrorisme, en word uiteindelik adjunkdirekteur vir politiek-militêre sake. Hy koördineer die inval vanGrenada in 1983. In 1985 speel hy 'n belangrike rol in die suksesvolle poging om die kapers van die passasierskip, dieAchille Lauro inItalië te arresteer. North was ook in 1986 by voorbereidings vir die lugaanvalle op Libiese militêre basisse inTripoli enBenghazi, as vergelding vir 'n bomaanslag in 'n Berlynse nagklub betrokke.

Die Iran-Contra-skandaal

[wysig |wysig bron]

In die laat 1980's verkoop die VSA in die geheim wapens aanIran om die vrylating van Amerikaanse gyselaars wat inLibanon aangehou is aan te moedig. North formuleer egter 'n tweede deel van die plan, wat die opbrengs van die verkope na die Contra-rebelle inNicaragua herlei. Dit was spesifiek ingevolge die Boland-Amendement verbied en hy is op 5 Julie 1989 vir sy aandeel daaraan gevonnis.

Hy is vir drie jaar gevangenis met opskorting, twee jaar voorwaardelik, 'n $150 000 boete en 1 200 uur gemeenskapsdiens gevonnis. Op 20 Julie 1990 is sy veroordeling tersyde gestel omdat die proses nie regverdig was nie en dit op TV uitgesaai is. Die Amerikaanse Hooggeregshof verwerp die saak en het nie 'n hersiening daarvan toegestaan nie.

Latere lewe

[wysig |wysig bron]

In 1994 staan North as senator inVirginia, maar was nie suksesvol nie. Hy het verskeie blitsverkopers geskryf, waaronder:Under Fire,One More Mission,War Stories - Operation Iraqi Freedom,Mission compromised,The Jericho sanction enThe Assassins. Hy skryf ook rubrieke en is die gasheer van die TV-programWar Stories with Oliver North.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Amptelike biografie op OliverNorth.com

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Oliver_North&oldid=2682238"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp