Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Olimpiese Winterspele 2026

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
XXVe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2026

Gehou inMilaan enCortina d'Ampezzo,Italië
Deelnemende lande
Deelnemende atlete
Items
Openingseremonie6 Februarie2026
Sluitingseremonie22 Februarie2026
Amptelik geopen deurPresident van Italië (verwag)
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele2022: Beijing (China)
Volgende Spele2030: Franse Alpe en Nice (Frankryk)

DieOlimpiese Winterspele 2026 (Italiaans:XXV Giochi olimpici invernali), amptelik bekend as dieXXVste Olimpiese Winterspele, sal tussen 6 en 22 Februarie 2026 inMilaan enCortina d'Ampezzo,Italië, aangebied word.[1][2]

Olimpiese medaljes sal op die Piazza del Duomo van Milaan oorhandig word
Kaart van deelnemende nasies in 2026:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Neem nie deel nie

     GasheerstadMilaan enCortina d'Ampezzo

Dit sal ná dieOlimpiese Winterspele van 1956 inCortina d'Ampezzo en dieOlimpiese Winterspele van 2006 inTuryn die derde wees wat in Italië gehou word. In die Italiaanse hoofstadRome is ook dieOlimpiese Somerspele van 1960 beslis.

Die openingseremonie sal inSan Siro vanMilaan plaasvind, terwyl die sluitingseremonie in dieVerona Arena vanVerona gehou sal word. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland die eerste en die gasheer Italië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Italiaans is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.

DieParalimpiese Winterspele 2026 sal tussen 6 en 15 Maart in Milaan en Cortina d'Ampezzo gehou word.

Toewysing

[wysig |wysig bron]
Giovanni Malagò, hoof van Italië se bod-komitee
Logo van die Italiaanse bod vir die Olimpiese Winterspele 2026

Milaan en Cortina d'Ampezzo is op 24 Junie 2019 inLausanne deur dieInternasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2026. Die enigste ander kandidaat wasStockholm,Swede.

Die gasheerstad sou oorspronklik in Oktober 2019 deur dieInternasionale Olimpiese Komitee (IOK) inMilaan,Italië, aangekondig word. Die IOK het die stemming egter na 'n ander plek – en datum – verskuif, nadat Italië 'n bod vir die Olimpiese Winterspele 2026 ingedien het wat die stad Milaan insluit. Die stemming is op 24 Junie 2019 in die hoofkantoor van die IOK inLausanne,Switserland, gehou.[3][4] Die eerste aansoekfase vir die Spele het in September 2017 begin.[5]

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2026[6]
StadLandRondte 1
Milaan enCortina d'AmpezzoVlag van Italië Italië47
StockholmVlag van Swede Swede34

Sportplekke

[wysig |wysig bron]
Die openingseremonie sal in die San Siro van Milaan plaasvind
Die sluitingseremonie sal in die Verona Arena gehou word

Milaan

[wysig |wysig bron]
StadPlekSporteKapasiteit
MilaanSan SiroOpeningseremonie80 000
Milano Santagiulia Ice Hockey ArenaHoofyshokkiestadion16 000
Unipol ForumKunsskaats, kortbaanskaats12 700
Rho FieraMilanoYshokkie, langbaanskaatsOnbekend

Valtellina

[wysig |wysig bron]
StadPlekSporteKapasiteit
BormioStelvio slopeAlpeskiOnbekend
ValtellinaSkibergklim
LivingoTagliede/Carosello 3000Sneeuplankry, vryski

Cortina

[wysig |wysig bron]
StadPlekSporteKapasiteit
Cortina d'AmpezzoOlimpia delle TofaneAlpeskiOnbekend
Pista Eugenio Montibobslee, skeleton, rodel
Stadio Olimpico Del GhiaccioYsbal7 000
Anterselva/AntholzSüdtirol ArenaTweekamp9 000

Val di Fiemme

[wysig |wysig bron]
StadPlekSporteKapasiteit
PredazzoStadio del salto "Giuseppe Dal Ben"Skansspring, Noorse kombinasie15 000
TeseroLago di TeseroHeg-en-steg-ski, Noorse kombinasie50 000

Verona

[wysig |wysig bron]
StadPlekOlimpiese seremonieKapasiteit
VeronaArena di VeronaOlimpiese sluitingseremonie20 000

Sporte

[wysig |wysig bron]

7 Olimpiese sporte in 15 dissiplines sal tydens die Spele beoefen word.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"'Italia! Italia!' IOC awards 2026 Winter Olympics to Milan-Cortina d'Ampezzo".The Washington Post. 24 Junie 2019.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op30 September 2019.
  2. (en)"Milan-Cortina Wins 2026 Olympic And Paralympic Winter Games Bid".Internasionale Olimpiese Komitee. 24 Junie 2019. Besoek op30 September 2019.
  3. (en)"Lausanne To Host Vote For Winning 2026 Winter Olympic Bid Instead of Milan After Italy Enters Race". GamesBids. 20 September 2018.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op30 September 2019.
  4. (en)"IOC To Move Up 2026 Olympic Bid Vote Three Months, Now June 2019". GamesBids. 9 Oktober 2018.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op30 September 2019.
  5. (en)"IOC Approves New Candidature Process for Olympic Winter Games 2026".Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Julie 2017.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op30 September 2019.
  6. (en)"Past Olympic Host City Election Results". GamesBids.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op30 September 2019.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metOlimpiese Winterspele 2026.


Olimpiese SpeleLogo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele:1896  •1900  •1904  •1906*  •1908  •1912  •1916  •1920  •1924  •1928  •1932  •1936  •1940  •1944  •1948  •1952  •1956  •1960  •1964  •1968  •1972  •1976  •1980  •1984  •1988  •1992  •1996  •2000  •2004  •2008  •2012  •2016  •2020  •2024  •2028  •2032

Olimpiese Winterspele:1924  •1928  •1932  •1936  •1940  •1944  •1948  •1952  •1956  •1960  •1964  •1968  •1972  •1976  •1980  •1984  •1988  •1992  •1994  •1998  •2002  •2006  •2010  •2014  •2018  •2022  •2026  •2030  •2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur dieIOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Olimpiese_Winterspele_2026&oldid=2852294"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp