Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Olimpiese Somerspele 2024

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spele van die XXXIIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2024

Gehou inParys,Frankryk
Deelnemende lande204Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete10 500 (5 250 mans en 5 250 vroue)
Items329 in 32 sporte (47 dissipline)
Openingseremonie26 Julie2024
Sluitingseremonie11 Augustus2024
Amptelik geopen deurPresidentEmmanuel Macron
Atlete-eedFlorent Manaudou (swem)
Mélina Robert-Michon (skyfwerp)
Beampte-eedMelanie Tran
Olimpiese vlamTeddy Riner (judo)
Marie-José Pérec (atletiek)
Vorige Spele2020: Tokio (Japan)
Volgende Spele2028: Los Angeles (VSA)

DieOlimpiese Somerspele 2024 (Frans:Les Jeux olympiques d'été de 2024), amptelik bekend as dieSpele van die XXXIIIste Olimpiade, is tussen 26 Julie en 11 Augustus 2024 inParys,Frankryk, aangebied. Dit was die 33ste aanbieding van die Somerspele sedert1896 en die derde keer wat Parys die spele georganiseer het na hulle eerste spele in1900 en daarna in1924, presies 100 jaar gelede. Daarmee het Parys naasLonden die tweede stad geword wat driekeerOlimpiese Somerspele aangebied het. Ná dieRugbywêreldbeker 2023 was die Olimpiese Somerspele 2024 die tweede groot sportkompetisie in Frankryk binne een jaar. Tydens die geleentheid het 10 500 atlete uit 204 nasies aan 329 items in 32 verskillende sportsoorte deelgeneem.

DieStade de France inParys
Kaart van deelnemende nasies in 2024:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Neem nie deel nie

     GasheerstadParys

Die opening- en sluitingseremonies het inParys plaasgevind. Vir die eerste keer in die Olimpiese geskiedenis het die openingsseremonie egter nie in 'n stadion plaasgevind nie, die deelnemende lande se atlete het pleks daarvan op skepe dieSeinerivier in Parys bevaar.[1] Soos gebruiklik is die lande in alfabetiese volgorde georden met Griekeland eerste en die gasheer Frankryk laaste, maar aangesien die plaaslike taal Frans is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Beide Caitlin Rooskrantz (gimnastiek) enAkani Simbine (atletiek) het dieSuid-Afrikaanse vlag gedra.[2]

DieParalimpiese Somerspele 2024 is tussen 4 en 15 September in Parys gehou.

Toewysing

[wysig |wysig bron]
Tony Estanguet, hoof van Parys se reëlingskomitee

Parys is op 13 September 2017 inLima deur dieInternasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2024. Die Olimpiese Somerspele 2024 en2028 is tegelyk toegeken, eersgenoemde aan Parys, Frankryk, en laasgenoemde aanLos Angeles,Verenigde State.[3]

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2024
StadLandStemme
ParysVlag van Frankryk FrankrykVerkies as 2024-gasheer
Los AngelesVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateVerkies as 2028-gasheer
HamburgVlag van Duitsland Duitslandonttrek
RomeVlag van Italië Italië
BoedapestVlag van Hongarye Hongarye

Sporte

[wysig |wysig bron]

Tydens die Olimpiese Somerspele 2024 was daar in nuwe Olimpiese sportsoorte soos verdere gemengde items meegeding. Onder die nuwe IOK-beleid, wat die gasheer toelaat om nuwe sportsoorte by die Olimpiese program ter aanvulling van die permanente kerngebeurtenisse te voeg, het tydens die Spelebreekdans sy Olimpiese debuut gemaak, terwylskaatsplankry,klimsport enbranderplankry tydens dieOlimpiese Somerspele 2020 inTokio hul debuut gemaak het. Vier items is bygewigoptel verwyder. Inkanovaart is twee snelitems vervang met twee slalomitems, waarmee die algehele items 16 gebly het. Inklimsport is die vorige gekombineerde item opgedeel in twee verspeie dissiplines: spoedklim en rots-en-lood.[4]

32 Olimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 329 medaljes oorhandig.

Stadions

[wysig |wysig bron]
Stade de France inSaint-Denis
Parys se La Défense-arena
Champs de Mars
Avenue des Champs-Élysées
Grand Palais
Les Invalides
Stade Roland Garros
Le Golf National
Vélodrome de Saint-Quentin-en-Yvelines
Château de Versailles
Parc Olympique Lyonnais
Marseille

Die meeste van die Olimpiese gebeure is in en om Parys gehuisves, insluitende die voorstedeSaint-Denis,Le Bourget,Nanterre,Versailles enVaires-sur-Marne wat net buite die stad se omgewing is. Die basktelbalgroepfase en die handbaluitklopfase is inLille beslis, die seilvaartitem in die kusoorde vanMarseille, terwyl die branderplankry-wedstryde inTahiti,Frans-Polinesië, aangebied is. Sokker is in die vyf Franse stedeBordeaux,Lyon,Nantes,Nice enSaint-Étienne aangebied.

Groter Parys

[wysig |wysig bron]
StadionSporteKapasiteitStatus
Stade Olympique Yves-du-ManoirVeldhokkie15 000Opgeknap
Stade de FranceSewesrugby77 083Klaar
Atletiek (baan en veld)
Sluitingseremonie
Paris La Défense ArenaWatersport (swem, waterpolo-eindstryd)15 220
Arena Porte de la ChapellePluimbal8 000Bykomende
Gimnastiek (ritmies)
Centre Aquatique OlympiqueWatersport (waterpologroepfase, sierduik, gesinchroniseerde swem)5 000
Le BourgetKlimsportTydelik
Parc des Expositions de VillepinteBoks (groepfase, kwarteindrondte)6 000Klaar
Moderne vyfkamp (skermsport)

Paryse sentrale gebied

[wysig |wysig bron]
StadionSporteKapasiteitStatus
Parc des PrincesSokker (groepfase, kwarteindrondte en eindstryde)48 583Klaar
Stade Roland GarrosTennis36 000
(15 000 + 12 000 + 9 000)
Boks (eindstryde)
Paris Expo Porte de VersaillesVlugbal18 000
(12 000 + 12 000)
Tafeltennis
Handbal (groepfase)
Gewigoptel
Accor ArenaGimnastiek (artistiek en trampolien)15 000
Basketbal (eindstryd)
Grand PalaisSkermsport8 000
Taekwondo
Place de la ConcordeBasketbal (3x3)30 000 (algeheel)Tydelik
Breekdans
Fietsry (BMX vryslag)
Skaatsplankry
Hôtel de VilleAtletiek (maratonwegspringplek)1 500
Pont Alexandre IIIWatersport (maratonswem)
Driekamp
Fietsry (tydtoetsdoellyn)
Trocadéro (Pont d’Iéna)Atletiek (stapwedloop)13 000
(3 000 sitplekke)
Fietsry (pad)
Eiffeltoringstadion (Champ de Mars)Strandvlugbal12 000
Grand Palais éphémèreJudo9 000
Stoei
Les InvalidesBoogskiet8 000
Atletiek (maratondoellyn)
Fietsry (tydtoetswegspringplek)

Versailles-gebied

[wysig |wysig bron]
StadionSporteKapasiteitStatus
Tuine van diePaleis van VersaillesRuitersport80 000
(22 000 + 58 000)
Tydelik
Moderne vyfkamp
(sonder skermsportrondtes)
Le Golf NationalGholf35 000Klaar
Élancourt-heuwelFietsry (bergfietsry)25 000
Vélodrome de Saint-Quentin-en-YvelinesFietsry (baan)5 000
Fietsry (BMX wedvaart)

Afgeleë sportplekke

[wysig |wysig bron]
StadionSporteKapasiteitStatus
Stade Pierre-Mauroy,LilleBasketbal (groepfase)26 000Klaar
Handbal (eindstryde)
Île de loisirs de Vaires-Torcy,Vaires-sur-MarneRoei22 000
Kanovaart (slalom, snel)
Stade Vélodrome,MarseilleSokker
(ses groepwedstryde, kwarteindrondte, vroue en mans se halfeindstryde)
67 394
Parc Olympique Lyonnais,LyonSokker
(ses groepwedstryde, kwarteindrondte, mans en vroue se halfeindstryde, vroue se bronsmedaljewedstryd)
59 186
Stade Matmut Atlantique,BordeauxSokker
(ses groepwedstryde, kwarteindrondte)
42 115
Stade Geoffroy-Guichard,Saint-ÉtienneSokker
(ses groepwedstryde)
41 965
Allianz Riviera,NiceSokker
(ses groepwedstryde)
35 624
Stade de la Beaujoire,NantesSokker
(ses groepwedstryde, kwarteindrondte, mans se bronsmedaljewedstryd)
35 322
Marina olympique du Roucas-Blanc,MarseilleSeilvaart5 000
Teahupoo,TahitiBranderplankry
Centre National de Tir Sportif,ChâteaurouxSkyfskiet3 000

Kalender

[wysig |wysig bron]

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
Julie / Augustus24
Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Ma
30
Di
31
Wo
1
Do
2
Vr
3
Sa
4
So
5
Ma
6
Di
7
Wo
8
Do
9
Vr
10
Sa
11
So
Items
SeremoniesOSSS
Atletiek2153455589148
Basketbal 3x3 Basketbal22
Basketbal112
Boks1224413
Boogskiet111115
Branderplankry22
Breekdans112
Driekamp213
Fietsry Baan112221312
Bergfietsry112
BMX224
Pad2114
Gewigoptel2223110
Gholf112
Gimnastiek Artistiek111133414
Ritmies112
Trampolien22
Handbal112
Judo2222222115
Kanovaart Slalom111126
Snel34310
Klimsport11114
Moderne vyfkamp112
Pluimbal11125
Roei244414
Ruitersport Dressur112
Driefasekompetisie22
Spring112
Seilvaart2223110
Sewesrugby112
Skaatsplankry11114
Skermsport22211111112
Skyfskiet122211121215
Sokker112
Stoei33333318
Taekwondo22228
Tafeltennis111115
Tennis1225
Veldhokkie112
Vlugbal Strandvlugbal112
Vlugbal112
WatersportGesinchroniseerde swem112
Maratonswem112
Sierduik111111118
Swem43535434435
Waterpolo112
Totaal013131911181623292020132126353913329
Kumulatief0132645567490113142162182195216242277316329
Julie / Augustus24
Wo
25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Ma
30
Di
31
Wo
1
Do
2
Vr
3
Sa
4
So
5
Ma
6
Di
7
Wo
8
Do
9
Vr
10
Sa
11
So
Items

Deelnemende nasies

[wysig |wysig bron]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al dieNasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar, word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Suid-Afrika op die Olimpiese Spele.
Halfeindstryd tussen dieBlitsbokke en die All Blacks Sevens

Suid-Afrika het in totaal 1 goue, 3 silwer- en 2 bronsmedaljes gewen:

Aantal medaljes

[wysig |wysig bron]
Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Blou vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Rooi vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Somerspele 2024 deelgeneem het nie.

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land DeelnemersGoud GoudSilwer SilwerBrons BronsTotaal
1Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)592404442126
2Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China (CHN)38840272491
3Vlag van Japan Japan (JPN)40320121345
4Vlag van Australië Australië (AUS)46118191653
5Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)57316262264
6Vlag van Nederland Nederland (NED)2731571234
7Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)32714222965
8Vlag van Suid-Korea Suid-Korea (KOR)1411391032
9Vlag van Italië Italië (ITA)40212131540
10Vlag van Duitsland Duitsland (GER)4281213833
44Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA)1491326

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"Macron says Paris Olympics opening ceremony could be moved".BBC. 15 April 2024. Besoek op12 Augustus 2024.
  2. (en)Lynn Butler (10 Julie 2024)."Simbine, Rooskrantz named Team SA's flag bearers for Paris Olympics".Nuus24. Besoek op12 Augustus 2024.
  3. (en)"Olympic Games: Paris & LA to host 2024 & 2028 respectively".BBC. 13 September 2017. Besoek op12 Augustus 2024.
  4. (en)"Official Programme of the Olympic Games Paris 2024 (English Version)"(PDF).Internasionale Olimpiese Komitee. Besoek op12 Augustus 2024.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metOlimpiese Somerspele 2024.


Olimpiese SpeleLogo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele:1896  •1900  •1904  •1906*  •1908  •1912  •1916  •1920  •1924  •1928  •1932  •1936  •1940  •1944  •1948  •1952  •1956  •1960  •1964  •1968  •1972  •1976  •1980  •1984  •1988  •1992  •1996  •2000  •2004  •2008  •2012  •2016  •2020  •2024  •2028  •2032

Olimpiese Winterspele:1924  •1928  •1932  •1936  •1940  •1944  •1948  •1952  •1956  •1960  •1964  •1968  •1972  •1976  •1980  •1984  •1988  •1992  •1994  •1998  •2002  •2006  •2010  •2014  •2018  •2022  •2026  •2030  •2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur dieIOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Olimpiese_Somerspele_2024&oldid=2696686"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp