Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Olimpiese Somerspele 2016

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spele van die XXXIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2016

Gehou inRio de Janeiro,Brasilië
Deelnemende lande205Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete11 238 (6 179 mans, 5 059 vroue)[1]
Items306 in 28 sporte[2]
Openingseremonie5 Augustus2016
Sluitingseremonie21 Augustus2016
Amptelik geopen deurAdjunkpresidentMichel Temer[3]
Atlete-eedRobert Scheidt (seilvaart)
Beampte-eedMartinho Nobre (atletiek)
Olimpiese vlamVanderlei de Lima (atletiek)
Vorige Spele2012: Londen (VK)
Volgende Spele2020: Tokio (Japan)

DieOlimpiese Somerspele 2016 (Portugees:Jogos Olímpicos de Verão de 2016 [ˈʒɔɡuz oˈlĩpikus dʒi veˈɾɐ̃w dʒi ˈdojz ˈmiw i dʒizeˈsejs]), amptelik bekend as dieSpele van die XXXIste Olimpiade, is tussen 5 en 21 Augustus 2016 inRio de Janeiro,Brasilië, aangebied. Tydens die geleentheid het 11 238 atlete uit 205 nasies aan 306 items in 28 verskillendesportsoorte deelgeneem. Die spanne vanKosovo enSuid-Soedan het vir die eerste keer aan 'n Olimpiese Spele deelgeneem.[4]

Maracanã-stadion inRio de Janeiro

Dit was die 31ste aanbieding van die Somerspele sedert1896. Dit was ook die eerste keer dat Rio de Janeiro, Brasilië en 'n Portugeestalige land die spele organiseer het, die eerste Somerspele inSuid-Amerika, die tweede keer in 'nLatyns-Amerikaanse stad náMeksikostad in1968 en die eerste keer sedert2000 (en derde algeheel) in dieSuidelike Halfrond.[5] Naas Rio de Janeiro wasMadrid,Tokio enChicago kandidate vir die aanbied van die 2016-Somerspele.

Die opening- en sluitingseremonies het in dieMaracanã-stadion plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap metGriekeland die eerste en die gasheer Brasilië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Portugees is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal.Wayde van Niekerk, die naelloper wat in die 200 en 400 meter sou meeding, het dieSuid-Afrikaanse vlag ingedra.[6]

DieParalimpiese Somerspele 2016 is tussen 7 en 18 September in Rio de Janeiro gehou.

Toewysing

[wysig |wysig bron]
Carlos Arthur Nuzman, hoof van Rio se bod-komitee
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2016:

   Verkose stad

   Kandidaatstede

   Aansoekende stede

Die stede wat die Somerspele wou aanbied het tot 13 September 2007 tyd gehad om hulleself as kandidate te nomineer. In Junie 2008 is sewe kandidate amptelik deur die uitvoerende komitee van dieInternasionale Olimpiese Komitee (IOK) aanvaar.[7] Op 4 Junie 2008 word die lys verkort na vier kandidaatstede tydens 'n IOK-byeenkoms inAthene. Die vier stede was: Chicago, Madrid, Rio de Janeiro en Tokio.[8]Bakoe (Azerbeidjan),Doha (Katar) enPraag (Tsjeggië) is uitgeskakel.[8] Op 2 Oktober 2009 is Rio de Janeiro tydens 'n IOK-kongres inKopenhagen as die verkose stad aangewys.[9][10] Tokio het uiteindelik gasheer vir die volgendeOlimpiese Somerspele 2020 geword.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2016[11]
StadLandRondte 1Rondte 2Rondte 3
Rio de JaneiroVlag van Brasilië Brasilië264666
MadridVlag van Spanje Spanje282932
TokioVlag van Japan Japan2220
ChicagoVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State18

Sporte

[wysig |wysig bron]

Die IOK het tydens 'n kongres in Oktober 2009 besluit omsewesrugby engholf weer vanaf 2016 op die Olimpiese program te plaas. Hierdie sporte dien as plaasvervangers virbofbal ensagtebal wat vir die laaste keer in 2008 aangebied is.[12] Met 306 stelle van medaljes beskik die speletjies oor 28 Olimpiese sportsoorte. Hierdie sportbyeenkomste is op 33 plekke in die gasheerstad en op 5 plekke in die stedeSão Paulo (Brasilië se grootste stad),Belo Horizonte,Salvador da Bahia,Brasília (Brasilië se hoofstad) enManaus beslis.

28 Olimpiese sportsoorte in 306 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 307 goue medaljes oorhandig.

Sokker

[wysig |wysig bron]

Sokkerwedstryde is in vyf stadions in die stede Sao Paulo, Belo Horizonte, Salvador da Bahia, Brasília en Manaus beslis. Al vyf was gasheerstadions vir dieFIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 en dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014.

Stadions

[wysig |wysig bron]
Kaart van die sportplekke
Deodoro-stadion
Arena da Amazônia inManaus
Arena Corinthians inSão Paulo
Arena Fonte Nova inSalvador da Bahia
Estádio Nacional inBrasília
Mineirão inBelo Horizonte

18 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 2016 gebruik:

Legende
ABestaande (geen permanente werk vereis)
BBestaande (permanente werk benodig)
CBykomende tydelike (speletjies afhanklik)
DNuwe permanente
Nuwe wedstrydplekke
SportplekkeSportsoorteKapasiteit
Carioca Arena 1DBasketbal16 000
Carioca Arena 2DJudo enStoei10 000
Carioca Arena 3DSkermsport enTaekwondo10 000
Olimpiese Akwatiese StadionDSwem enWaterpolo (uitspeelwedstryse)15 000
Olimpiese BMX-sentrumDFietsry (BMX)6 000
Olimpiese GholfbaanDGholf20 000
Olimpiese HokkiesentrumDVeldhokkie15 000 (10 000 veld 1, 5 000 veld 2)
Olimpiese Tennissentrum (hoofbaan)DTennis19 750
Deodoro Olimpiese Whitewater-stadionDKano/Kajak (slalom)8 000
Rio Olimpiese VelodromeDFietsry (baan)5 000
Jeug Arena (Deodoro)DBasketbal (vroue se groepuitdunne),Moderne vyfkamp (skermsport)5 000
Bestaande wedstrydplekke
SportplekkeSportsoorteKapasiteit
Deodoro Akwatiese SentrumAModerne vyfkamp (swem)2 000
Maracanã-stadionACeremonies andSokker (halfeindrondte 2, eindstryde)74 738
Olimpiese Stadion (Engenhão)BSokker (8 x groepuitdunne),Atletiek (baan en veld)60 000
Rodrigo de Freitas LagoonBRoei,Kano/Kayak (sprint)14 000
Maracanãzinho ArenaAVlugbal12 000
Maria Lenk Akwatiese SentrumBSierduik,Gesinchroniseerde swem,Waterpolo (groepwedstryde)6 500
Marina da GlóriaBSeilvaart10 000
Olimpiese RuitersentrumBRuitersport14 000
Olimpiese SkietbaanBSkyfskietNie gelys nie
Rio Olimpiese Arena (HSBC Arena)AGimnastiek12 000
Riocentro –Pavilion 6ABoks9 000
Riocentro –Pavilion 3ATafeltennis7 000
Riocentro –Pavilion 4APluimbal6 500
SambódromoBBoogskiet,Atletiek (maraton)36 000
Tydelike wedstrydplekke
SportplekkeSportsoorteKapasiteit
CopacabanastadionCStrandvlugbal12 000
DeodorostadionCModerne vyfkamp (perdry, gekombineerde hardloop en skiet)Sewesrugby15 000
Fort CopacabanaC Maratonswem,Fietsry (padwedlope),Driekamp5 000
Future ArenaCHandbal12 000
BergfietssentrumCFietsry (bergfiets)5 000
PontalCAtletiek (renloop),Fietsry (tydproewe)5 000
Riocentro –Pavilion 2CGewigoptel6 500
Sportplekke buite Rio de Janeiro
SportplekkeSportsoorteLiggingKapasiteit
Mané Garrincha Nasionale StadionA Sokker (8 x groepwedstryde, kwarteindrondte)Brasília,Distrito Federal69 394
MineirãoA Sokker (6 x groepwedstryde, kwarteindrondte, W halfeindrondte, M 3rde plek)Belo Horizonte,Minas Gerais58 170
Arena Fonte NovaA Sokker (8 x groepwedstryde, kwarteindrondte)Salvador,Bahia51 700
Arena CorinthiansA Sokker (6 x groepwedstryde, kwarteindrondte, M halfeindrondte, W 3de plek)São Paulo,São Paulo48 234
Arena da AmazôniaA Sokker (6 x groepwedstryde)Manaus,Amazonas40 549

Kalender

[wysig |wysig bron]

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes UG Uitstallingsgala SS Sluitingseremonie
Augustus3
Wo
4
Do
5
Vr
6
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
Items
SeremoniesOSSS
Atletiek354554677147
Basketbal112
Boks1111113413
Boogskiet11114
Driekamp112
Fietsry Baan12211318
Bergfietsry11
BMX2
Pad111
Gesinchroniseerde swem112
Gewigoptel122222111115
Gimnastiek Artistiek1111433UG18
Ritmies11
Trampolien11
Gholf112
Handbal112
Judo222222214
Kanovaart Slalom11216
Snel444
Moderne vyfkamp112
Pluimbal11215
Roei244414
Ruitersport211116
Seilvaart2222210
Sewesrugby112
Sierduik111111118
Skermsport11112111110
Skyfskiet22212122115
Sokker112
Stoei2223322218
Swem444444441134
Taekwondo22228
Tafeltennis11114
Tennis1135
Veldhokkie112
VlugbalStrandvlugbal114
Binnenshuise vlugbal11
Waterpolo112
Totaal00012141415201924212217251623223012306
Kumulatief000122640557594118139161178203219242264294306
Augustus3
Wo
4
Do
5
Vr
6
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
18
Do
19
Vr
20
Sa
21
So
Items

Deelnemende nasies

[wysig |wysig bron]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al dieNasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Suid-Afrika op die Olimpiese Spele.
Wayde van Niekerk asSuid-Afrika se vlagdraer tydens die openingseremonie in die Maracanã-stadion

Suid-Afrika het in totaal 2 goue, 6 silwer- en 2 bronsmedalje gewen:

Getal medaljes

[wysig |wysig bron]
Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Blou vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Rooi vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Somerspele 2016 deelgeneem het nie.

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land DeelnemersGoud GoudSilwer SilwerBrons BronsTotaal
1Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)554463738121
2Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)36627231767
3Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China (CHN)41326182670
4Vlag van Rusland Rusland (RUS)28219181956
5Vlag van Duitsland Duitsland (GER)42517101542
6Vlag van Japan Japan (JPN)3381282141
7Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)39510181442
8Vlag van Suid-Korea Suid-Korea (KOR)20593921
9Vlag van Italië Italië (ITA)309812828
10Vlag van Australië Australië (AUS)4218111029
13Vlag van Brasilië Brasilië (BRA)46576619
30Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA)13726210

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Factsheet – The Games of the Olympiad"(PDF) (in Engels).Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op7 Maart 2018.
  2. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad"(PDF) (in Engels).Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op7 Maart 2018.
  3. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad"(PDF) (in Engels).Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op7 Maart 2018.
  4. "About Rio 2016 Summer Olympics".Rio 2016 Olympics Wiki (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2020. Besoek op7 Maart 2018.
  5. "Why Winter Olympics Bypass the Southern Hemisphere - Winter Olympics 2014" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020.
  6. (en)http://www.sascoc.co.za/2016/07/22/wayde-zanele-named-as-sa-flagbearers-at-rio-send-off/Geargiveer 29 Junie 2018 opWayback Machine
  7. (nl)Zeven kandidaten voor OS 2016, nu.nlGeargiveer 1 Desember 2022 opWayback Machine – 14 September 2007
  8. 8,08,1(en)Four cities to compete to host the 2016 Olympic Games
  9. (nl)IOC vraagt kandidaten voor OS 2016, nu.nlGeargiveer 21 Junie 2007 opWayback Machine – 16 Mei 2007
  10. (en)GamesBids.comGeargiveer 12 Mei 2008 opWayback Machine – Kandidaatstede vir 2016
  11. "Past Olympic host city election results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op7 Maart 2018.
  12. (nl)G(h)olf en rugby in 2016 op Spelen, De Volkskrant, 9 Oktober 2009

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metOlimpiese Somerspele 2016.


Olimpiese SpeleLogo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele:1896  •1900  •1904  •1906*  •1908  •1912  •1916  •1920  •1924  •1928  •1932  •1936  •1940  •1944  •1948  •1952  •1956  •1960  •1964  •1968  •1972  •1976  •1980  •1984  •1988  •1992  •1996  •2000  •2004  •2008  •2012  •2016  •2020  •2024  •2028  •2032

Olimpiese Winterspele:1924  •1928  •1932  •1936  •1940  •1944  •1948  •1952  •1956  •1960  •1964  •1968  •1972  •1976  •1980  •1984  •1988  •1992  •1994  •1998  •2002  •2006  •2010  •2014  •2018  •2022  •2026  •2030  •2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur dieIOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Internasionaal
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Olimpiese_Somerspele_2016&oldid=2735374"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp