DieOlimpiese Somerspele 2008 (Chinees: 第二十九届夏季奥林匹克运动会;pinyin:Dì Èrshíjiǔ Jiè Xiàjì Àolínpǐkè Yùndònghuì), amptelik bekend as dieSpele van die XXIXste Olimpiade, is tussen 8 en 24 Augustus 2008 inBeijing,China, aangebied. Tydens die geleentheid het 10942 atlete uit 204 nasies aan 302 items in 28 verskillendesportsoorte deelgeneem.
Die opening- en sluitingseremonies het in dieNasionale Stadion van Beijing, ook bekend as "voëlnes", plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap metGriekeland die eerste en die gasheer Volksrepubliek China die laaste, maar aangesien die plaaslike taalMandaryns is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal.Natalie du Toit, swemmer en gouemedaljewenner tydens dieParalimpiese Somerspele 2004, het dieSuid-Afrikaanse vlag ingedra.[7]
Fakkel van die Olimpiese Somerspele 2008 in BeijingKaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2008Kaart van die Olimpiese Somerspele 2008 se wêreldwye fakkelloop
Die Olimpiese swembad met die Nasionale Stadion in die agtergrond
Die toekenning van die Spele aan die Volksrepubliek China was in sommige kringe omstrede weens die land se ondemokratiese regering en swak menseregterekord.Amnestie Internasionaal het in April 2007 gemeld dat die situasie met die aanloop na die Spele vir terdoodveroordeeldes en buitelandse joernaliste verbeter het, terwyl die onderdrukking van plaaslike joernaliste en politieke aktiviste besig was om toe te neem. Die getal mense onder huisarres en inhegtenisnames sonder regsproses het volgens Amnestie Internasionaal ook toegeneem.[9]
Uit 'n ondersoek vanPlay Fair 2008,[10] 'n organisasie van vakbonde en aksiegroepe, blyk dit dat daar ook probleme was met die vervaardiging van goedere soos pette, tasse en penne wat vir die geleentheid gemaak word. Kinderarbeid word op groot skaal in Chinese fabrieke aangewend en mense word nie die helfte van dieminimumloon betaal nie. Die Organisasiekomitee van die Spele het aangekondig dat hierdie bedrywighede ondersoek sal word.[11]
Van die atlete was besorg dat dielugbesoedeling wat oor die stad hang hulle prestasies nadelig kon beïnvloed. Die Beijing munisipale regering het ingestem om die besoedelingsprobleem aan te spreek en verskeie fabrieke in die omgewing is gesluit.
Skouspel tydens die openingseremonieSkouspel tydens die sluitingseremonie
Die opening- en afsluitingseremonie is in die nuwe Nasionale Stadion van Beijing gehou, waar byna 100000 toeskouers geakkommodeer kan word. Die stadion vertoon uiterlik soos 'n voëlnes en word in die volksmond dan ook as sodanig aangedui. Die stadion is deur die argitekfirma Herzog & de Meuron ontwerp.
Die aflos met die Olimpiese fakkel is vanafAthene, deur dieHimalaja, na Beijing geneem. Die fakkel is ook deur 'n groep van 80 spesiaal opgeleide bergklimmers na die spits vanBerg Everest gedra. Die voormalige Chinese gimnas,Li Ning, het die eer te beurt geval om dieOlimpiese vlam aan te steek.
Die Olimpiese vlam is op 24 Augustus 2008 uitgedoof tydens die afsluitingseremonie. Guo Jinlong, die burgemeester van Beijing, het dieOlimpiese vlag aan die burgemeester vanLonden,Boris Johnson oorhandig, waar die2012-spele aangebied gaan word.
Kaart van die sportplekke in BeijingOpeningseremonie van die Olimpiese Somerspele 2008Binneansig van die Beijing Nasionale Stadion tydens die Olimpiese Somerspele 2008Die Beijing Nasionale Swembad snags gesienDie Beijing Instituut vir Tegnologie-stadionDie WerkersstadionDie StrandvlugbalgrondSjanghaistadionSluitingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2008
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.[12]
Hier volg 'n alfabetiese lys van al dieNasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Die Paralimpiese atleetOscar Pistorius is eers deur die Internasionale Atletiekfederasie verbied om aan die Olimpiese Spele deel te neem nadat 'n Duitse universiteit bevind het dat sy bioniese kunsbene hom 'n voordeel bo gewone atlete gee.[15] Die verbod is later opgehef, maar hy kon nie vir deelname kwalifiseer nie.
Suid-Afrika kon slegs 'n enkele silwer medalje tydens die Spele inpalm (Godfrey Khotso Mokoena vir verspring).
Michael Phelps spog met een van sy goue medaljes tydens die Somerspele 2008
Michael Phelps van dieVerenigde State het agt goue medaljes tydens die Spele ingepalm, 'n wêreldrekord wat hom 'n totaal van 14 goue medaljes oor sy loopbaan besorg, meer as enige ander atleet in die geskiedenis van die Spele.
Usain Bolt vanJamaika kon tydens die Spele drie goue medaljes verower en drie nuwe wêreldrekorde opstel, vir die 100m, die 200m en die 4x100 meter vryslagaflos. Verder het die Britse baanfietsryer Chris Hoy, die Australiese swemmer Stephanie Rice en die Chinese gimnas Zou Kai drie goue medaljes gewen.
Die Suid-Afikaanse atleetGodfrey Khotso Mokoena verower 'n silwer medalje in die verspring.
Kirsty Coventry vanZimbabwe wen een goue (200m rugslag) en drie silwer medaljes (100m rugslag, 200m wisselslag en 400m wisselslag swem).
Natalie du Toit behaal 'n 16de plek (uit 25 swemmers) met 'n tyd van 2uur 49.9 sekondes in die 10km swem marathon. Haar tyd is min of meer 'n minuut en 'n half stadiger as die van die wenner, die 19-jarige Rus, Larisa Ilchenko.
Kaart van medaljes volgens lande: Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het. Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het. Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het. Groen vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie. Swart vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Somerspele 2008 deelgeneem het nie. 'ngeel vierkant vertoon die gasheerstad (Beijing). Blou sterre vertoon lande, wat hul eerste medalje tydens die Somerspele gewen het.
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: