DieOlimpiese Somerspele 2004 (Grieks: Θερινοί Ολυμπιακοί Αγώνες 2004,Therinoí Olympiakoí Agó̱nes 2004 [θeriˈni olibi.aci aɣoˈnes ðio çiʎaˈðes tetraˈkosi.a]), amptelik bekend as dieSpele van die XXVIIIste Olimpiade, is tussen 13 en 29 Augustus 2004 inAthene,Griekeland, aangebied.
Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Athene plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap metSt. Lucia die eerste en die gasheer Griekeland die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Grieks is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal.Mbulaeni Mulaudzi, hardloper en gouemedaljewenner tydens dieStatebondspele 2002 inManchester, het dieSuid-Afrikaanse vlag ingedra.[4]
Die seremonie vir die verligting van dieOlimpiese vlam is as 'n heidense skoonheidskompetisie met dansende priesteresse gereëlKaart van die Olimpiese Somerspele 2004 se wêreldwye fakkelloop
Athene is op 5 September 1997 inLausanne deur dieInternasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2004. Ander kandidate was: Rome, Kaapstad, Stockholm en Buenos Aires.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2004[5]
DieOlimpiese vlam word tydens die openingseremonie in die Olimpiese Stadion inAthene aangesteekIn die Olimpiese Tennissentrum Athene is die tenniswedstryde beslisIn die Nikos Galis Olimpiese Binnensaal is die basketbaleindstryd en die gimnastiek se artistiese en trampolien-wedstryde aangebiedDie Faliro Olimpiese Strandvlugbalsentrum het strandvlugbal gehuisvesDie Galatsi Olimpiese Saal het ritmiese gimnastiek en tafeltenniswedstryde gehouBoogskiet in die Panathinaiko-stadion tydens die Olimpiese Somerspele 2004Sluitingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2004
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
Hier volg 'n alfabetiese lys van al dieNasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui: