Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Olimpiese Somerspele 2000

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spele van die XXVIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2000

Gehou inSydney,Australië
Deelnemende lande199Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete10 651 (6 582 mans, 4 069 vroue)[2]
Items300 in 28 sporte[4]
Openingseremonie15 September2000
Sluitingseremonie1 Oktober2000
Amptelik geopen deurGoewerneur-generaalWilliam Deane[6]
Atlete-eedRechelle Hawkes (veldhokkie)
Beampte-eedPeter Kerr (waterpolo)
Olimpiese vlamCathy Freeman (atletiek)
Vorige Spele1996: Atlanta (VSA)
Volgende Spele2004: Athene (Griekeland)

DieOlimpiese Somerspele 2000 (Engels:2000 Summer Olympics), amptelik bekend as dieSpele van die XXVIIste Olimpiade, is tussen 15 September en 1 Oktober 2000 inSydney,Australië, aangebied. Sydney is in 1993 verkies boBeijing,Berlyn,Istanboel enManchester.

Die Olimpiese Stadion in Sydney

Dit was naas dieOlimpiese Somerspele van 1956 inMelbourne die tweede wat in Australië asook in dieSuidelike Halfrond gehou is. Tydens die Spele maak die Australiese sangeresNikki Webster haar deurbraak deur by die openingseremonie te sing. Die geleentheid word afgesluit met 'n optrede vanSavage Garden. Hierdie Olimpiese Somerspele word algemeen as 'n groot sukses beskou.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Sydney plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap metGriekeland die eerste en die gasheer Australië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal.Hezekiél Sepeng, hardloper en silwermedaljewenner tydens dieOlimpiese Somerspele 1996, het dieSuid-Afrikaanse vlag ingedra.

DieParalimpiese Somerspele 2000 is tussen 18 en 29 Oktober in Sydney gehou.

Toewysing

[wysig |wysig bron]
Michael Knight, president van die Australiese reëlingskomitee
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2000

Sydney is op 23 September 1993 inMonte Carlo deur dieInternasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2000. Ander kandidate was: Beijing, Manchester, Berlyn en Istanboel.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2000[7]
StadLandRondte 1Rondte 2Rondte 3Rondte 4
SydneyVlag van Australië Australië30303745
BeijingVlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China32374043
ManchesterVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk111311
BerlynVlag van Duitsland Duitsland99
IstanboelVlag van Turkye Turkye7

Sporte

[wysig |wysig bron]

28 Olimpiese sportsoorte in 300 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 300 goue medaljes oorhandig.

Stadions

[wysig |wysig bron]

30 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 2000 gebruik:

Olimpiese Park Sydney

[wysig |wysig bron]
Openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2000
Die Olimpiese Stadion Sydney tydens die Olimpiese Somerspele 2000
Die Internasionale Akwatiese Sentrum Sydney het die swemwedstryde gehuisves
In die State Hockey Centre is veldhokkiewedstryde beslis
In die Dunc Gray Velodrome is baanfietsry aangebied
Sluitingseremonie van die Olimpiese Somerspele 2000
StadionSporteKapasiteit
NSW Tennis CentreTennis10 000
Olimpiese Stadion Sydneyseremonies (opening/sluiting),Atletiek,Sokker (eindstryd)110 000
State Hockey CentreVeldhokkie15 000
State Sports CentreTafeltennis,Taekwondo5 006
Sydney BofbalstadionBofbal (eindstryd),Moderne vyfkamp (perdry, hardloop)21 500
Sydney Internasionale BoogskietparkBoogskiet17 500
Sydney Internasionale Akwatiese SentrumSierduik, Moderne vyfkamp (swem),Swem,Gesinchroniseerde swem,Waterpolo (mans se eindstryd)10 000
Sydney Super DomeBasketbal (eindstryd),Gimnastiek (artistieke/trampolien)18 200
The Dome and Exhibition ComplexPluimbal, Basketbal, Gimnastiek (ritmies),Handbal, Moderne vyfkamp (skermsport, skietsport),Vlugbal (binnenshuis)10 000

Binne Sydney

[wysig |wysig bron]
StadionSporteKapasiteit
Blacktown Olimpiese ParkBofbal,Sagtebal3 000 (bofbal),
2 000 (sagtebal)
Bondi BeachVlugbal (strand)10 000
Centennial ParklandsFietsry (pad)Nie gelys nie
Dunc Gray VelodromeFietsry (baan)3 150
Strate van SydneyAtletiek (maraton)Nie gelys nie
Noord-SydneyAtletiek (maraton begin)Nie gelys nie
Olimpiese Seiljagwedvaart Shore BaseSeilvaart10 000
Penrith Whitewater-stadionKanovaart (slalom)12 500
Ryde Aquatic Leisure CentreWaterpolo (vroue se eindstryd)3 900
Sydney Convention and Exhibition CentreBoks,Skermsport,Judo,Gewigoptel,Stoei7 500 (gewigoptel),
9 000 (judo & stoei),
10 000 (boks & skermsport)
Sydney Entertainment CentreVlugbal (binnenshuise eindstryd)11 000
Sydney SokkerstadionSokker (vroue se eindstryd)42 500
Sydney Internasionale RuitersentrumRuitersport50 000
Sydney Internasionale Regatta CentreKanovaart (sprint),Roei20 000
Sydney Internasionale SkietbaanSkyfskiet7 000
Sydney-operaDriekampNie gelys nie
Western Sydney ParklandsFietsry (bergfietsry)20 000

Buite Sydney

[wysig |wysig bron]
StadionLiggingSporteKapasiteit
Brisbane-krieketveldBrisbaneSokker37 000
CanberrastadionCanberraSokker25 011
Hindmarsh-stadionAdelaideSokker20 000
Melbourne-krieketveldMelbourneSokker98 000

Kalender

[wysig |wysig bron]

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie  Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
DatumSeptemberOktober
13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Ma
19
Di
20
Wo
21
Do
22
Vr
23
Sa
24
So
25
Ma
26
Di
27
Wo
28
Do
29
Vr
30
Sa
1
So
Atletiek226976581
Basketbal11
Bofbal1
Boks66
Boogskiet1111
Driekamp11
Fietsry22113311112
Gesinchroniseerde swem11
Gewigoptel1222221111
Gimnastiek1111115511
Handbal11
Judo2222222
Kanovaart2266
Moderne vyfkamp11
Pluimbal212
Roei77
Ruitersport111111
Sagtebal1
Seilvaart31223
Sierduik21131
Skermsport11111212
Skyfskiet22222322
Sokker11
Stoei4444
Swem44444444
Taekwondo2222
Tafeltennis1111
Tennis22
Veldhokkie11
Vlugbal1111
Waterpolo11
Totaal00013141515181818262518111717114024
SeremoniesOSSS
Datum13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Ma
19
Di
20
Wo
21
Do
22
Vr
23
Sa
24
So
25
Ma
26
Di
27
Wo
28
Do
29
Vr
30
Sa
1
So
SeptemberOktober

Deelnemende nasies

[wysig |wysig bron]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al dieNasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Suid-Afrika op die Olimpiese Spele.
Suid-Afrika se Penny Heyns in 2015

Suid-Afrika wen twee silwer en drie brons medaljes:

Getal medaljes

[wysig |wysig bron]
Kaart van deelnemende nasies in 2000:

 Neem vir die eerste keer deel

 Het reeds vantevore deelgeneem

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land DeelnemersGoud GoudSilwer SilwerBrons BronsTotaal
1Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)58637243293
2Vlag van Rusland Rusland (RUS)43532282989
3Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China (CHN)27128161458
4Vlag van Australië Australië (AUS)63216251758
5Vlag van Duitsland Duitsland (GER)42213172656
6Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)33613141138
7Vlag van Italië Italië (ITA)3611381334
8Vlag van Nederland Nederland (NED)243129425
9Vlag van Kuba Kuba (CUB)2291111729
10Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)3321110728
55Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA)1270235

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"Factsheet – The Games of the Olympiad"(PDF).Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op7 Maart 2018.
  2. (en)"Factsheet – The Games of the Olympiad"(PDF).Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op7 Maart 2018.
  3. (en)"Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad"(PDF).Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op7 Maart 2018.
  4. (en)"Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad"(PDF).Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op7 Maart 2018.
  5. (en)"Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad"(PDF).Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op7 Maart 2018.
  6. (en)"Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad"(PDF).Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op7 Maart 2018.
  7. (en)"Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op7 Maart 2018.

Verdere leesstof

[wysig |wysig bron]
  • (en)David Wallechinsky (2004).The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books.ISBN 978-1-894963-32-9.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metOlimpiese Somerspele 2000.
Olimpiese SpeleLogo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele:1896 1900 1904 1906* 1908 1912 1916 1920 1924 1928 1932 1936 1940 1944 1948 1952 1956 1960 1964 1968 1972 1976 1980 1984 1988 1992 1996 2000 2004 2008 2012 2016 2020 2024 2028 2032

Olimpiese Winterspele:1924 1928 1932 1936 1940 1944 1948 1952 1956 1960 1964 1968 1972 1976 1980 1984 1988 1992 1994 1998 2002 2006 2010 2014 2018 2022 2026 2030 2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur dieIOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Olimpiese_Somerspele_2000&oldid=2692187"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp