DieOlimpiese Somerspele 1996 (Engels:1996 Summer Olympics), amptelik bekend as dieSpele van die XXVIste Olimpiade, is tussen 19 Julie en 4 Augustus 1996 inAtlanta,Verenigde State, aangebied. Hierdie spele staan ook bekend as dieCentennial Games vanweë die feit dat dit presies een eeu na dieeerste moderne Spele inGriekeland plaasgevind het.
Die Olimpiese Stadion Atlanta tydens die Olimpiese Somerspele 1996
Atlanta is op 18 September 1990 deur dieInternasionale Olimpiese Komitee (IOK) gekies met 51 teen 35 stemme in die laaste ronde. Die beslissing van die Internasionale Olimpiese Komitee om die Spele aan Atlanta toe te wys was verrassend. Die redenasie was datAthene nie genoeg tyd sou hê om dieinfrastruktuur vir die Spele in plek te kry nie. Later word beweer dat enkele IOK-lede omgekoop was, maar dit kon nooit bewys word nie. Tydens en na die Spele word egter vasgestel dat die organiserende komitee van Atlanta nie die volle waarheid oor die vervoernetwerk, die hitte en die vogtigheid in Augustus, en oor die hoë misdaadsyfer van die stad vertel het nie.
Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Atlanta plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap metGriekeland die eerste en die gasheer die Verenigde State die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal.Masibulele Makepula, bokser en goudmedaljewenner tydens die Afrikaspele van 1995, het dieSuid-Afrikaanse vlag ingedra.
Oor die algemeen word die Spele as minder suksesvol gesien. Die vervoer tussen die verskillende Olimpiese items het soms vir ure in verkeersknope vasgesit. Die Spele was ook deur vele as "te kommersieel" bestempel, maar finansieel was dit wel 'n sukses. Dit is onder meer te danke aan die hoofborgskap vanCoca-Cola, wie se hoofkantoor in Atlanta is.
Atlanta se stadshorison met die sportgeriewe op die voorgrondDieOlimpiese vlag tydens die Olimpiese Somerspele 1996Die 100 m-hekkies tydens die Olimpiese Somerspele 1996Die Georgia Tech Watersportsentrum tydens die Olimpiese Somerspele 1996In die Georgia Dome is basketbal, gimnastiek en handbal aangebiedIn die Alexander Memorial Coliseum is bokswedstryde beslis
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
Hier volg 'n alfabetiese lys van al dieNasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
(en)David Wallechinsky (2004).The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books.ISBN978-1-894963-32-9.
(en)Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.).Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group.ISBN0-313-32278-3.OCLC52418065.
(de)Volker Kluge (2000).Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 4. Seoul 1988 – Atlanta 1996. Berlin: Sportverlag.ISBN3-328-00830-6.