DieOlimpiese Somerspele 1992 (Spaans:Juegos Olímpicos de Verano de 1992;Katalaans:Jocs Olímpics d'estiu de 1992), amptelik bekend as dieSpele van die XXVste Olimpiade, is tussen 25 Julie en 9 Augustus 1992 inBarcelona,Katalonië,Spanje, aangebied. DieInternasionale Olimpiese Komitee het besluit om die somer en winterspele, wat sedert 1924 in dieselfde jaar gehou is, te skei en in afwisselende ewe jare te plaas vanaf 1994. Die Somerspele van 1992 was dus die laaste keer in dieselfde jaar as die Winterspele gehou.[7]
Die Olimpiese Stadion in Barcelona
As gevolg van die einde van dieKoue Oorlog was hierdie spele die eerste keer sonder boikotte sedert 1972.[8] In werklikheid was die Olimpiese Spele die finale sukses van die voormaligeSowjetunie en die grootste van die "Olimpiese vlag" (Nasies van die voormalige USSR het as 'n verenigde span meegeding en het as wenners geseëvier op die algehele ranglys).[9] Daarbenewens het dieBaltiese landeEstland,Letland enLitaue vir die eerste keer sedert dieOlimpiese Somerspele 1936 eie spanne gestuur.Duitsland het as gevolg van dieDuitse hereniging met 'n verenigde span meegeding.Joego-Slawië is weens die Balkanoorloë van die Spele uitgesluit.
Veiligheid was vir die organiseerders 'n top prioriteit. Daar is gevrees vir 'n aanslag van dieETA en vir betogings vanKatalaanse onafhanklikheidsstryders, maar daar is geen probleme tydens die Spele ondervind nie. As voorbereiding vir die Spele is groot dele van Barcelona opgeknap, die middestad met die hawe verbind en dieinfrastruktuur aansienlik verbeter.
Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion van Barcelona plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap metGriekeland die eerste en die gasheer Spanje die laaste, maar aangesien die plaaslike tale Katalaans en Spaans is, is dié tale se alfabette gebruik om die volgorde te bepaal.Jan Tau, langafstandatleet, het dieSuid-Afrikaanse vlag ingedra.
25 Olimpiese sportsoorte in 257 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 261 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
Plaça d'Espanya tydens die Olimpiese Somerspele 1992Die Olimpiese Dorp in BarcelonaDie Estadi Olímpic Lluís Companys het die atletiekwedstryde en die Olimpiese seremonies gehuisvesIn die Banyolesmeer is die roeiwedstryde aangebiedIn die Palau Sant Jordi is die artistieke gimnastiek en die handbal- asook die vlugbaleindstryde beslisIn die Palau Blaugrana is Judo, Rolhokkie en Taekwondowedstryde beslisIn die Camp Nou is die sokkereindstryd gehou
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
Hier volg 'n alfabetiese lys van al dieNasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Suid-Afrika word toegelaat om aan die Spele deel te neem na 'n 28 jaar skorsing as gevolg vanapartheid.
Die Suid-Afrikaanse hardloperElana Meyer en die swart Ethiopiese hardloper Derartu Tulu spook dit uit in die 10000m (gewen deur Tulu) en hardloop daarna 'n ere rondte hand-aan-hand saam.
(en)David Wallechinsky (2004).The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books.ISBN978-1-894963-32-9.
(en)Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.).Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group.ISBN0-313-32278-3.OCLC52418065.
(de)Volker Kluge (2000).Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 4. Seoul 1988 – Atlanta 1996. Berlin: Sportverlag.ISBN3-328-00830-6.