Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Olimpiese Somerspele 1980

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spele van die XXIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1980

Gehou inMoskou,Sowjetunie
Deelnemende lande80Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete5 179 (4 064 mans, 1 115 vroue)[1]
Items203 in 21 sporte[2]
Openingseremonie19 Julie1980
Sluitingseremonie3 Augustus1980
Amptelik geopen deurPresidentLeonid Brezjnef[3]
Atlete-eedNikolaj Andrianof (gimnastiek)
Beampte-eedAleksandr Medwed (stoei)
Olimpiese vlamSergei Belof (basketbal)
Vorige Spele1976: Montreal (Kanada)
Volgende Spele1984: Los Angeles (VSA)

DieOlimpiese Somerspele 1980 (Russies: И́гры XXII Олимпиа́ды,tr.Igry XXII Olimpiady), amptelik bekend as dieSpele van die XXIIste Olimpiade, is tussen 19 Julie en 3 Augustus 1980 inMoskou,Sowjetunie, aangebied. Die enigste ander kandidaatstad vir die Spele wasLos Angeles.

Die Olimpiese Stadion in Moskou

Die beslissing om die Spele aan Moskou toe te ken is deur dieInternasionale Olimpiese Komitee in Oktober 1974 gemaak. Om die universaliteit van dieOlimpiese Somerspele te onderstreep wou hulle dit aan 'n sosialistiese land toeken. Moskou, wat toe al oor heelwat sportinfrastruktuur beskik het, het perfek in die prentjie gepas.

As gevolg van 'nAmerikaansgeleide boikot op inisiatief van presidentJimmy Carter weens die Sowjetse inval inAfghanistan neem slegs 80 lande deel, die laagste getal lande sedert dieSpele van 1956. Hierdie boikot is deur die Oosblok in 1984 beantwoord toe die meeste sosialistiese lande nie aan dieSpele van 1984 in Los Angeles deelgeneem het nie.

DieOlimpiese Winterspele 1980 is inLake Placid, Verenigde State, aangebied. DieParalimpiese Somerspele 1980 is tussen 21 en 30 Junie inArnhem enVeenendaal,Nederland, gehou.

Toewysing

[wysig |wysig bron]
Konstantin Tsjernenko, president van die Sowjetse reëlingskomitee
Fakkel van die Olimpiese Somerspele 1980 in Moskou

Moskou is op 23 Oktober 1974 inWene deur dieInternasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1980. Die enigste ander kandidaat was Los Angeles. Los Angeles sal uiteindelik gasheer vir die volgendeOlimpiese Somerspele 1984 word.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1980[4]
StadLandRondte 1
MoskouVlag van Sowjetunie Sowjetunie39
Los AngelesVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State20

Sporte

[wysig |wysig bron]

21 Olimpiese sportsoorte in 203 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 204 goue medaljes oorhandig.

Stadions

[wysig |wysig bron]

28 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1980 gebruik:

Sentrale Leninstadion-gebied

[wysig |wysig bron]
Openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1980
Die Olimpiese Dorp in Moskou
In die Krylatskoje Sportkompleks Kano- en Roeibekken is kanovaart en roeiwedstryde aangebied
In die Krylatsky Olimpiese Velodrome is die baanfietswedrenne beslis
Atletiek en die maraton is in die strate van Moskou gehou
Sluitingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1980
StadionSporteKapasiteit
Druzhba Veeldoelige ArenaVlugbal3 900
LuzhnikistadionAtletiek,Ruitersport (individuele spring),Sokker (eindstryd), seremonies (opening/sluiting)91 251
Minor ArenaVlugbal (eindstryd)8 512
Olimpiese swembadWaterpolo10 500
SportpaleisGimnastiek,Judo13 766
Strate van MoskouAtletiek (20 km/50 km-loop, maraton)Nie gelys nie

Olimpiese Sportkompleks

[wysig |wysig bron]
StadionSporteKapasiteit
Olimpiese Stadion MoskouBasketbal (eindstryd),Boks33 970
Olimpiese swembadSierduik,Moderne vyfkamp (swem),Swem, Waterpolo (eindstryd)13 000

CSKA Gebied

[wysig |wysig bron]
StadionSporteKapasiteit
CSKA SportkompleksSkermsport,Stoei, Moderne vyfkamp (skermsport)8 500
CSKA SportpaleisBasketbal5 500

Dinamostadion

[wysig |wysig bron]
StadionSporteKapasiteit
DinamostadionSokker50 475
Dinamo Sentrale StadionVeldhokkie8 000
Dinamo SportpaleisHandbal5 000

Krylatskoje Park

[wysig |wysig bron]
StadionSporteKapasiteit
Krylatskoje Sportkompleks BoogskietveldBoogskiet3 000
Krylatskoje Sportkompleks Kano- en RoeibekkenKanovaart,Roei21 600
Krylatskoje Sportkompleks FietsrybaanFietsry (individuele padwedren)4 000
Krylatskoje Sportkompleks VelodromeFietsry (baan)6 000

Ander sportplekke in Moskou

[wysig |wysig bron]
StadionSporteKapasiteit
Vakbonde se perdekompleksRuitersport (alle gebeure behalwe vir die individuele spring), Moderne vyfkamp (perdry, hardloop)12 000 (spring)
3 000 (dressuur)
2 000 (binnenshuise arena)
400 (uithouvermoë)
Jong PioniersstadionVeldhokkie (eindstryd)5 000
Dinamo SkietbaanModerne vyfkamp (skietsport),Skyfskiet2 330
Izmailowo SportpaleisGewigoptel5 000
Sokolniki SportpaleisHandbal (eindstryd)6 800

Sokkerstadions

[wysig |wysig bron]
StadionSporteKapasiteit
Dinama-stadion (Minsk)Sokker50 125
Kirofstadion (Leningrad)Sokker74 000
Republikeinse stadion (Kiëf)Sokker100 169

Buite Moskou

[wysig |wysig bron]
StadionSporteKapasiteit
Moskou-Minsk grootpadFietsry (padspan tydtoets)1 800
Olimpiese Regatta in TallinnSeilvaartNie gelys nie

Kalender

[wysig |wysig bron]

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
DatumJulieAugustus
19
Sa
20
So
21
Ma
22
Di
23
Wo
24
Do
25
Vr
26
Sa
27
So
28
Ma
29
Di
30
Wo
31
Do
1
Vr
2
Sa
3
So
Atletiek335455310
Basketbal2
Boks11
Boogskiet2
Fietsry11121
Gewigoptel1111111111
Gimnastiek11210
Handbal2
Judo11111111
Kanovaart65
Moderne vyfkamp2
Roei68
Ruitersport21111
Seilvaart6
Sierduik1111
Skermsport11111111
Skyfskiet1111111
Sokker1
Stoei334334'
Swem2434445
Veldhokkie11
Vlugbal11
Waterpolo1
Totaal0571012191522221016141119201
SeremoniesOSSS
Datum19
Sa
20
So
21
Ma
22
Di
23
Wo
24
Do
25
Vr
26
Sa
27
So
28
Ma
29
Di
30
Wo
31
Do
1
Vr
2
Sa
3
So
JulieAugustus

Deelnemende nasies

[wysig |wysig bron]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al dieNasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

[wysig |wysig bron]
Kaart van deelnemende nasies in 1980:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Deelname onderOlimpiese vlag

     GasheerstadMoskou
Kaart van die Olimpiese boikotte van 1976, 1980 en 1984

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land DeelnemersGoud GoudSilwer SilwerBrons BronsTotaal
1Vlag van Sowjetunie Sowjetunie (URS)506806946195
2Flag of the German Democratic Republic Oos-Duitsland (GDR)362473742126
3Vlag van Bulgarye Bulgarye (BUL)2958161741
4Vlag van Kuba Kuba (CUB)21687520
5Italië (ITA)16383415
6Vlag van Hongarye Hongarye (HUN)2797101532
7Vlag van Roemenië Roemenië (ROU)243661325
8Frankryk (FRA)12565314
9Verenigde Koninkryk (GBR)23157921
10Vlag van Pole Pole (POL)3203141532

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. (en)"Factsheet – The Games of the Olympiad"(PDF).Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op5 Maart 2018.
  2. (en)"Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad"(PDF).Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op5 Maart 2018.
  3. (en)"Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad"(PDF).Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op5 Maart 2018.
  4. (en)"Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op5 Maart 2018.

Bronne

[wysig |wysig bron]

Verdere leesstof

[wysig |wysig bron]
  • (en)David Wallechinsky (2004).The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books.ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en)Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.).Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group.ISBN 0-313-32278-3.OCLC 52418065.
  • (de)Volker Kluge (2000).Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 3. Mexiko Stadt 1968 – Los Angeles 1984. Berlin: Sportverlag.ISBN 3-328-00741-5.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metOlimpiese Somerspele 1980.


Olimpiese SpeleLogo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele:1896  •1900  •1904  •1906*  •1908  •1912  •1916  •1920  •1924  •1928  •1932  •1936  •1940  •1944  •1948  •1952  •1956  •1960  •1964  •1968  •1972  •1976  •1980  •1984  •1988  •1992  •1996  •2000  •2004  •2008  •2012  •2016  •2020  •2024  •2028  •2032

Olimpiese Winterspele:1924  •1928  •1932  •1936  •1940  •1944  •1948  •1952  •1956  •1960  •1964  •1968  •1972  •1976  •1980  •1984  •1988  •1992  •1994  •1998  •2002  •2006  •2010  •2014  •2018  •2022  •2026  •2030  •2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur dieIOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Internasionaal
Nasionaal
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Olimpiese_Somerspele_1980&oldid=2772224"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp