DieOlimpiese Somerspele 1976 (Engels:1976 Summer Olympics,Frans:Les XXIes olympiques d'été), amptelik bekend as dieSpele van die XXIste Olimpiade, is tussen 17 Julie en 1 Augustus 1976 inMontreal,Kanada, aangebied. Ander stede, wat as kandidate vir die organisering van die Spele aangewys is, wasMoskou enLos Angeles. Moskou was die gunsteling, maar desondanks het dieInternasionale Olimpiese Komitee in 1969 inAmsterdam besluit om die Spele aan Montreal toe te ken, nadat die destydse burgemeester, Jean Drapeau, beloof het om 'n "eenvoudige Spele" te organiseer.
Die Olimpiese Stadion in Montreal
Dit is die eerste en tot dusver enigste Olimpiese Somerspele wat Kanada aangebied het. Dié land het later wel dieOlimpiese Winterspele van 1988 en2010 aangebied. Kanada is die enigste gasheerland van 'n Olimpiese Somerspele om sonder 'n Olimpiese oorwinning te bly.
22 Afrikalande (en sommige ander) het die Spele weensNieu-Seeland se deelname geboikot nadat dieAll Blacks in 1976Suid-Afrika onderApartheid besoek het. Hulle het 'n wedstryd teen dieSpringbokke gespeel en sodoende die internasionale verbanning van Suid-Afrika verbreek.
Die Olimpiese stadion langs die Montreal Botaniese TuinDie Velodrome (voorgrond) en die Olimpiese stadion in MontrealDie Olimpiese Dorp in MontrealIn die Olimpiese Velodrom is die baanfietsrywedstryde beslisIn die Olimpiese swembad is die watersportwedstryde aangebied
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
Hier volg 'n alfabetiese lys van al dieNasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
(en)David Wallechinsky (2004).The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books.ISBN978-1-894963-32-9.
(en)Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.).Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group.ISBN0-313-32278-3.OCLC52418065.
(de)Volker Kluge (2000).Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 3. Mexiko Stadt 1968 – Los Angeles 1984. Berlin: Sportverlag.ISBN3-328-00741-5.