DieOlimpiese Somerspele 1964 (Japannees: 第十八回オリンピック競技大会,Dai Jūhachi-kai Orinpikku Kyōgi Taikai), amptelik bekend as dieSpele van die XVIIIde Olimpiade, is tussen 10 en 24 Oktober 1964 inTokio,Japan, aangebied. Naas Tokio hetDetroit,Wene enBrussel aansoek gedoen om die spele te kon aanbied. Dit was die eerste Olimpiese Spele wat inAsië aangebied is.
Die organisasie van die 1968-Spele was, danksy 'n begroting van ses-en-twintig miljoen dollar, onberispelik. Die sportakkomodasie was nagenoeg perfek, met 'n indrukwekkende stadion en 'n reusagtige Olimpiese swembad. Ondanks hierdie skitterende infrastruktuur ontbreek die Spele skynbaar tog aan geesdrif en warmte.
Noord-Korea het sy atlete van die Olimpiese Somerspele 1964 onttrek weens geskille met die IOK oor die deelname van atlete by die GANEFO (Spele van die Nuwe Opkomende Magte) inDjakarta, Indonesië. Noord-Korea se boikot is ondersteun deurIndonesië en dieVolksrepubliek China.
Tokio is op 26 Mei 1959 inMünchen deur dieInternasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1964. Ander kandidate was: Detroit, Wene en Brussel.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1964[4]
19 Olimpiese sportsoorte in 163 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 163 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
Die Gemeenskaplike Duitse span tydens die openingseremonie in TokioYoshinori Sakai hardloop tydens die openingseremonie na die Olimpiese ketelYoyogi Nasionale Gimnasium, ontwerp deur Kenzo TangeNippon Budokan
33 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1964 gebruik:
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
Hier volg 'n alfabetiese lys van al dieNasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
(en)David Wallechinsky (2004).The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books.ISBN978-1-894963-32-9.
(en)Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.).Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group.ISBN0-313-32278-3.OCLC52418065.
(de)Volker Kluge (1998).Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 2. London 1948 – Tokio 1964. Berlin: Sportverlag.ISBN3-328-00740-7.