DieOlimpiese Somerspele 1960 (Italiaans:Giochi della XVII Olimpiade), amptelik bekend as dieSpele van die XVIIde Olimpiade, is tussen 25 Augustus en 11 September 1960 inRome,Italië, aangebied. Rome is gekies boLausanne,Detroit,Boedapest,Brussel,Meksikostad enTokio. Rome was al in 1908 aangewys om Spele te organiseer. Vanweë die uitbarsting van dieVesuvius het Rome toe die eer aanLonden afgestaan, wat toe dieSpele van 1908 georganiseer het.
Openingseremonie van die Spele van die XVIIde Olimpiade in Rome
Die Italiaanse staat en die Italiaanse Olimpiese Komitee het finansieel vir hierdie Spele geborg. Daar word inderdaad geen koste of moeite gespaar nie: Aan die voet van Monte Mario is 'nmarmerstadion met 80 000 sitplekke gebou. Nie ver daarvandaan is die swembad uitgelê. Verder probeer die organisasie om die antieke geboue so veel as moontlik by die Spele te betrek.Gimnastiek in die Terme van Caracalla plaasgevind, diestoei in die Basilika van Maxentius en diemaraton het aan die voet van die Kapitolyn begin en onder die Triomfboog van Konstantin geëindig.
Die Foro Italico was een van die sentrale sportkomplekse tydens die Olimpiese Somerspele 1960Die Basilika van Maxentius het die stoeitoernooie aangebiedIn die Baddens van Caracalla het die gimnastiekitems gehuisvesIn die Albanomeer is kanovaart- en roeiwedstryde beslisIn dieGolf van Napels het die seilvaart plaasgevind
34 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1960 gebruik:
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
Suid-Afrika se Gordon Day tydens die Olimpiese Somerspele 1960
Die Spele was die laaste waaraan Suid-Afrika deelgeneem het voor deelname geweier is as gevolg van dieapartheidsbeleid. Die volgende spele waaraan Suid-Afrika sou deelneem is 32 jaar later in1992.
(en)David Wallechinsky (2004).The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books.ISBN978-1-894963-32-9.
(en)Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.).Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group.ISBN0-313-32278-3.OCLC52418065.
(de)Volker Kluge (1998).Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 2. London 1948 – Tokio 1964. Berlin: Sportverlag.ISBN3-328-00740-7.