Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Olimpiese Somerspele 1948

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spele van die XIVe Olimpiade
Olimpiesespele van 1948

Gehou inLonden,Verenigde Koninkryk
Deelnemende lande59Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete4 104 (3 714 mans, 390 vroue)[1]
Items136 in 17 sporte[2]
Openingseremonie29 Julie1948
Sluitingseremonie14 Augustus1948
Amptelik geopen deurKoningGeorge VI[3]
Atlete-eedDon Finlay (atletiek)
Beampte-eed(sedert 1972)
Olimpiese vlamJohn Mark (atletiek)
Vorige Spele1944: Londen (VK)
Volgende Spele1952: Helsinki (Finland)

DieOlimpiese Somerspele 1948 (Engels:1948 Summer Olympics), amptelik bekend as dieSpele van die XIVde Olimpiade, is tussen 29 Julie en 14 Augustus 1948 inLonden,Verenigde Koninkryk, aangebied. Londen is boBaltimore,Lausanne,Los Angeles,Minneapolis enPhiladelphia gekies.[4] Na 'n onderbreking van 12 jaar deur dieTweede Wêreldoorlog was dit die eerste Spele sedert dieSomerspele van 1936 in Berlyn asook die tweede Olimpiade na dieOlimpiese Somerspele 1908 wat in die Britse hoofstad gehou is. DieOlimpiese Winterspele 1948 is inSt. Moritz,Switserland, aangebied.

Switserse roeiers het die Olimpiese vlag in 'n langboot vanuit Basel na Londen geneem

Die Somerspele was baie eenvoudig en het later as dieAusterity Games bekend gestaan vanweë die ekonomiese klimaat waarin die na-oorlogse Verenigde Koninkryk hom bevind het. Weens die Britse regering se strenge besparingsbeleid is geen nuwe fasiliteite vir die Spele beplan en opgerig nie en atlete in bestaande behuising gehuisves. Die Olimpiese dorp inUxbridge het uitkasernes bestaan, die vervoer was ontoereikend en voedsel soosvleis,botter,melk enbrood was steeds gerantsoeneer.

Daar is ook op dieinfrastruktuur bespaar en geen nuwe sportplekke is vir die Spele opgerig nie. DieWembley-stadion, wat eintlik 'nsokkerstadion is, het vir die geleentheid 'natletiekbaan bygekry. Die nabygeleë Empire Pool is vir beide die saalsporte sowel as die swemkompetisies gebruik. Diefietsry het by die opgeknapte Herne Hill plaasgevind en daar is op dieTeemsrivier geroei.

'n Rekordgetal van 59 nasies het aan die Spele deelgeneem en is deur altesaam 4 104 atlete in 17 sportdissiplines verteenwoordig, van wie 3 714 manlik en 390 vroulik was. Weens hul dade tydens die Tweede Wêreldoorlog isDuitsland enJapan deelname aan die Spele geweier. DieSowjetunie is uitgenooi maar het verkies om geen atlete na Londen te stuur nie.[5]

Sporte

[wysig |wysig bron]

17 Olimpiese sportsoorte in 136 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 138 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

Stadions

[wysig |wysig bron]

Sportplekke wat tydens die Olimpiese Somerspele 1948 gebruik is:

Binne Londen

[wysig |wysig bron]
DieOlimpiese vlam tydens die openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1948 in dieWembley-stadion
Openingseremonie van die 1948 Londen-Spele in die Wembley-stadion
Die twee torings van Wembley-stadion, voorheen bekend as Empire-stadion, in 2002
Empire Pool, nou bekend as Wembley Arena, in 2007
StadionSporteKapasiteit
Arsenal-stadionSokker73 000
Champion HillSokker3 000
Craven CottageSokker25 700
Empire PoolBoks,Sierduik,Swem,Waterpolo12 500
Empire-stadionAtletiek,Ruitersport (spanspring),Veldhokkie (medaljewedstryde),Sokker (medaljewedstryde)82 000
Empress Hall, Earl's CourtBoks,Gimnastiek,Gewigoptel,Stoei19 000
Finchley LidoWaterpoloNie gelys nie
Green Pond Road-stadionSokker21 708
Griffin ParkSokker12 763
Guinness Sports ClubVeldhokkieNie gelys nie
Harringay ArenaBasketbal,StoeiNie gelys nie
Herne Hill VelodromeFietsry (baan)Nie gelys nie
Lynn RoadSokker3 500
Lyons' Sports ClubVeldhokkieNie gelys nie
Polytechnic Sports GroundVeldhokkieNie gelys nie
Royal Military AcademyModerne vyfkamp (hardloop)Nie gelys nie
Selhurst ParkSokker26 309
Wembley Palace of EngineeringSkermsportNie gelys nie
White Hart LaneSokker36 310

Buite Londen

[wysig |wysig bron]
StadionLiggingSporteKapasiteit
Aldershot Command Central Sports GroundHampshireRuitersport (dressuur, driegangkampioenskap, individuele spring),Moderne vyfkamp (perdry, skermsport, swem)Nie gelys nie
Bisley National Rifle Association RangesBisley, SurreyModerne vyfkamp (skietsport),SkyfskietNie gelys nie
Fratton ParkPortsmouthSokkerNie gelys nie
Goldstone GroundBrightonSokkerNie gelys nie
Henley Royal RegattaHenley-on-ThamesKanovaart,RoeiNie gelys nie
TorbayDevonSeilvaartNie gelys nie
Tweseldown RacecourseFleet, HampshireRuitersport (driegangkampioenskap)Nie gelys nie
Windsor Great ParkWindsor, BerkshireFietsry (pad)Nie gelys nie

Deelnemende nasies

[wysig |wysig bron]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al dieNasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Suid-Afrika op die Olimpiese Spele.

Gerald Dreyer (liggewig) enGeorge Hunter (ligswaargewig) wen goud,Dennis Shepherd (veergewig) silwer enJohn Arthur die bronsmedalje inboks.

Getal medaljes

[wysig |wysig bron]
Kaart van deelnemende nasies in 1948:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     GasheerstadLonden

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land DeelnemersGoud GoudSilwer SilwerBrons BronsTotaal
1Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)30038271984
2Vlag van Swede Swede (SWE)18116111744
3Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)3161061329
4Vlag van Hongarye Hongarye (HUN)1291051227
5Vlag van Italië Italië (ITA)213811827
6Vlag van Finland Finland (FIN)12987520
7Vlag van Turkye Turkye (TUR)5864212
8Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye (TCH)8762311
9Vlag van Switserland Switserland (SUI)181510520
10Vlag van Denemarke Denemarke (DEN)16257820
12Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)398314623
18Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA)352114

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Factsheet – The Games of the Olympiad"(PDF) (in Engels).Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op4 Maart 2018.
  2. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad"(PDF) (in Engels).Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op4 Maart 2018.
  3. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad"(PDF) (in Engels).Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op4 Maart 2018.
  4. "Past Olympic host city election results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op4 Maart 2018.
  5. "'A very British Olympics'" (in Engels).BBC Sport. 18 Oktober 2005.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2018. Besoek op4 Maart 2018.

Verdere leesstof

[wysig |wysig bron]
  • (en)David Wallechinsky (2004).The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books.ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en)Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.).Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group.ISBN 0-313-32278-3.OCLC 52418065.
  • (de)Volker Kluge (1998).Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 2. London 1948 – Tokio 1964. Berlin: Sportverlag.ISBN 3-328-00740-7.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metOlimpiese Somerspele 1948.


Olimpiese SpeleLogo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele:1896  •1900  •1904  •1906*  •1908  •1912  •1916  •1920  •1924  •1928  •1932  •1936  •1940  •1944  •1948  •1952  •1956  •1960  •1964  •1968  •1972  •1976  •1980  •1984  •1988  •1992  •1996  •2000  •2004  •2008  •2012  •2016  •2020  •2024  •2028  •2032

Olimpiese Winterspele:1924  •1928  •1932  •1936  •1940  •1944  •1948  •1952  •1956  •1960  •1964  •1968  •1972  •1976  •1980  •1984  •1988  •1992  •1994  •1998  •2002  •2006  •2010  •2014  •2018  •2022  •2026  •2030  •2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur dieIOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Internasionaal
Nasionaal
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Olimpiese_Somerspele_1948&oldid=2735831"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp