Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Olimpiese Somerspele 1940

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spele van die XIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1940

Gehou inTokio,Japan
Helsinki,Finland
Deelnemende lande0
Deelnemende atlete0
Items0
OpeningseremonieNie gehou nie
SluitingseremonieNie gehou nie
Amptelik geopen deurN.v.t.
Atlete-eedN.v.t.
Beampte-eedN.v.t.
Olimpiese vlamN.v.t.
Vorige Spele1936: Berlyn (Duitsland)
Volgende Spele1944: Londen (VK)

DieOlimpiese Somerspele 1940 (Fins:Kesäolympialaiset 1940;Japannees: 東京オリンピック (1940年)), amptelik bekend as dieSpele van die XIIde Olimpiade, sou in 1940 gehou word, maar is na die uitbreek van dieTweede Wêreldoorlog afgelas. Die Spele is op 1 Augustus 1936 deur dieInternasionale Olimpiese Komitee (IOK) tydens dieOlimpiese Somerspele 1936 inBerlyn aanTokio,Japan, toegewys. Dit was die eerste keer dat Olimpiese Spele in 'n land buite die Westerse wêreld beplan is. Maar Japan moes afsien van die plan na die uitbreek van dieTweede Chinees-Japannese Oorlog in 1937 en het die Spele op 14 Julie 1938 van die hand gewys. Die Spele is drie dae later aanHelsinki,Finland, toegewys, maar met die uitbreek van dieWinteroorlog in 1939 is dit heeltemal afgelas.[1]

Aandenkingshandvlag vir die Olimpiese Somerspele 1940 in Tokio van die Olimpiese Somerspele 1936 in Berlyn

Die hoofstadion vir die Olimpiese Spele 1940 in Tokio sou die Meiji Jingu-stadion gewees het, wat vir die latereOlimpiese Somerspele 1964 ingespan is. Vir die Olimpiese Spele in Helsinki is tussen 1934 en 1938 die Olimpiese Stadion opgerig, waar dieOlimpiese Somerspele 1952 gehou is. Beide Finland en Japan het vir hul latere Olimpiese Somerspele ter wille van kostebesparing planne van die oorspronklik beplande Somerspele gebruik.

Omdat die Tweede Wêreldoorlog tot 1945 gewoed het, is die inLonden beplandeOlimpiese Somerspele 1944 ook afgelas. Die Britse hoofstad het die eersteOlimpiese Somerspele na die Tweede Wêreldoorlog vier jaar later aangebied.

Toewysing

[wysig |wysig bron]

Tokio is op 1 Augustus 1936 deur dieInternasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1940. Ander kandidate was: Helsinki, Barcelona en Rome.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1940[2]
StadLandRondte 1
TokioVlag van Japan Japan36
HelsinkiVlag van Finland Finland27
BarcelonaVlag van Spanje Spanje
RomeVlag van Italië Italië

Fotogalery

[wysig |wysig bron]
  • IOK-lid Soyeshima en IOK-president Baillet-Latour op 1 Augustus 1936 in Berlyn nadat die Somerspele 1940 aan Tokio toegewys is
    IOK-lid Soyeshima en IOK-president Baillet-Latour op 1 Augustus 1936 in Berlyn nadat die Somerspele 1940 aan Tokio toegewys is
  • Voorbereiding vir die Olimpiese Spele 1940 in September 1936
    Voorbereiding vir die Olimpiese Spele 1940 in September 1936
  • Byeenkoms vir die kansellasie van die Olimpiese Somerspele 1940 op 14 Julie 1938
    Byeenkoms vir die kansellasie van die Olimpiese Somerspele 1940 op 14 Julie 1938
  • Die Olimpiese Stadion in Helsinki, 1930's
    Die Olimpiese Stadion in Helsinki, 1930's
  • Toerusting wat deur die Finse uitsaaikorporasie Yle vir die uitsaai-dekking van die Olimpiese Somerspele 1940 vervaardig is
    Toerusting wat deur die Finse uitsaaikorporasie Yle vir die uitsaai-dekking van die Olimpiese Somerspele 1940 vervaardig is

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "The Olympic Summer Games Factsheet"(PDF) (in Engels).Internasionale Olimpiese Komitee.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op15 Januarie 2018.
  2. "Past Olympic Host City Election Results" (in Engels). GamesBids.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op20 Januarie 2018.

Verdere leesstof

[wysig |wysig bron]
  • (en)Andreas Niehaus & Max Seinsch (2007).Olympic Japan. Ideals and Realities of (Inter)Nationalism. Würzburg.ISBN 978-3-89913-588-6.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
  • (en)Sandra Collins (2007).The 1940 Tokyo Games: The Missing Olympics. Japan, the Asian Olympics and the Olympic Movement (= Sport in the Global Society). London.ISBN 978-0-415-37317-3.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
  • (en)Martin Polley (1992).Olympic diplomacy: the British government and the projected 1940 Olympic games. pp. 169–187.{{cite book}}:|work= ignored (hulp)
  • (en)The Organizing Committee of the XIIth Olympiad, Report of the Organizing Committee on its Work for the XIIth Olympic Games of 1940 in Tokyo until the Relinquishment. Tokio. 1940.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]


Olimpiese SpeleLogo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele:1896  •1900  •1904  •1906*  •1908  •1912  •1916  •1920  •1924  •1928  •1932  •1936  •1940  •1944  •1948  •1952  •1956  •1960  •1964  •1968  •1972  •1976  •1980  •1984  •1988  •1992  •1996  •2000  •2004  •2008  •2012  •2016  •2020  •2024  •2028  •2032

Olimpiese Winterspele:1924  •1928  •1932  •1936  •1940  •1944  •1948  •1952  •1956  •1960  •1964  •1968  •1972  •1976  •1980  •1984  •1988  •1992  •1994  •1998  •2002  •2006  •2010  •2014  •2018  •2022  •2026  •2030  •2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur dieIOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.

Internasionaal
Nasionaal
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Olimpiese_Somerspele_1940&oldid=2234153"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp